Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Warthog's Den

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 29 Nov 2024 tot 26 Des 2024.

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Karpsingel 451, Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
  • Vanaf R940 R752 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Warthog's Den is geleë in Kranspoort Vakansiedorp in die Loskopvallei se lieflike bosveld, 45 km noord vanaf Middelburg op die N11 in Mpumalanga.

Let daarop dat Warthog's Den en Pumba's Den nie dieselfde gastehuis is nie.

BELANGRIK: Geen troeteldiere word toegelaat. Geen harde musiek of geraas word toegelaat.

Warthog's Den bied gehalte, luukse verblyf, uitstekende diens en gasvryheid. Ons is trots op die wete dat ons veel meer kan bied as die ander meer algemene verblyfplekke in Kranspoort Dorp. By ons, word jy bederf en deel van die familie, hoewel jou privaatheid altyd gerespekteer word.

Ons tariewe is baie bekostigbaar vergeleke die kwaliteit van alles wat ons bied. Wat ons uniek maak, is ons perseel wat direk aangrensend is aan wildgebied. Gaste is bevoorreg om uit te kyk op die bosveld, ons eie dammetjie en wild voerplek. Daar is geen ander beboude area in sig van ons leef areas nie. Die swembad het temperatuur beheer, aldus geskik vir die warmer sowel as koeler maande. Dit front ook na die wildgebied.

Daar is ook ʼn ten volle toegeruste boma braaiplek waar ons gaste heerlik saam kuier of soms net rustig sit en in die kampvuur se vlamme tuur.

Slegs Warthog's Den kan spog daarmee, dat ons toegerus is om avontuur 4x4 wildritte regdeur Kranspoort se wildgebied aan te bied. Gaste word ook vergesel deur ons eie gekwalifiseerde FGASA veldgids. Sy jarelange kennis en ervaring word deurgans gekompkimenteer.

Heerlike, stylvol bediende buffet of kleiner ontbyte is beskikbaar op versoek.

Die uiteentetting van ons verblyf is as volg:
1 x 2 slaper selfsorg eenheid
1 x 4 slaper selfsorg eenheid
1 x 4 slaper selfsorg safari tent
1 x 2 slaper gastekamer (nie selfsorg)
Linne en badhanddoeke word voorsien, gaste moet net asb. hulle eie swemhanddoeke saambring. Daar is tee- en koffiemaakgeriewe en vars beskuit in elke woonplek. Al die eenhede, kamer en die tent is ook toegerus met waaiers en lugversorging.

Ons resensies getuig van al bogenoemde.

Kranspoort se ligging is ideaal vir natuurliefhebbers en avonturiers. Daar is 'n groot verskeidenheid wildspesies op die plaas wat vry tussen die huise wei. Die plaas is 1000 ha groot en dit is veilig om te gaan voetslaan en bergfietsry. Kranspoortdam is ideaal vir visvang op vang-en-vrylaat-basis, wees met versigtig, daar is krokodille en seekoeie.

Hier is reeds meer as 230 voëlspesies en 'n skuiling bied die ideale geleentheid vir voëlkyk en fotografie.

Kranspoort het ook 'n uitdagende 9 putjie-gholfbaan waar gholfdae en kompetisies gereeld gehou word. Bespreek dus vroegtydig.

Hier is 'n heelwat restaurante en ander doen dinge in die direkte omgewing.

Kom geniet ʼn onvergeetlike bosveld ervaring!

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 53 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Ulrike S
Saam met vriende
5.0
The most beautiful accommodation on our four-week trip in South Africa. Lovely location, very warm welcome and caring service all 4 day...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Pieter D
Saam met lewensmaat
5.0
Alles was 'n aangename ervaring. Baie lekker gebly. Baie mooi plek, netjies, skoon. Die plek binne en buite is absoluut puik. Alles is ongelooflik goe...
Sien meer
Aug 2024
Noelene V
5.0
Heerlike rus vir die siel wegbreek. Gasvryheid by Warthog's Den was tops. Die eenhede is baie goed en smaakvol toegerus, met alles en nog wat, wat jy ...
Sien meer
Des 2023
Olaf B
5.0
Little paradise, awesome location with lovely hosts. This little paradise was an awesome location with Johan and Adèlle as such lovely ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Wayne V
Saam met lewensmaat
5.0
Gasvryheid soos min. 5-ster. Johan en Adélle het met aankoms ons soos familie laat voel. Gasvryheid uit die bonste rakke. Slaap eenheid was soos 'n 5-...
Sien meer
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Adelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 53

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Karpsingel 451, Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
  • Gaste dink Warthog's Den het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R940
R940 R752
per nag, vir 2 mense
Vanaf R940
R940 R752
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Karpsingel 451, Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI5OTgyNzNmLTA3YzYtNDc4Yy04MmFhLTg1YjYwNjc0ZTZlMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R940 nouVanaf R752 per nag, vir 2 mense 53 5 1 5 451 Karp Crescent Kranspoort Vakansiedorp 1080 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -25.425403295382 29.437174201012

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang