Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Warthog's Den

Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 31 Okt 2024 tot 1 Des 2024.

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Karpsingel 451, Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
  • Vanaf R940 R799 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Warthog's Den is geleë in Kranspoort Vakansiedorp in die Loskopvallei se lieflike bosveld, 45 km noordoos vanaf Middelburg op die N11 in Mpumalanga.

Let dat Warthog's Den en Pumba's Den nie dieselfde verblyf is nie.

Warthog's Den bied slaapplek vir 12 gaste in 2 gaste-eenhede, 1 gastekamer sowel as 'n luukse Safari-tent. Linne en badhanddoeke word voorsien en daar is tee- en koffiemaakgeriewe en vars beskuit. Al die eenhede, kamer en die tent is toegerus met lugversorging.

Die perseel het 'n swembad met temperatuur beheer, geskik vir die warmer maande. Gaste moet net asb. hulle eie swemhanddoeke saambring. Warthog's Den se avontuur 4x4 wildritte saam met die FGASA-veldgids besonders gewild.

Kranspoort se ligging is ideaal vir natuurliefhebbers en avonturiers. Daar is 'n groot verskeidenheid wildspesies op die plaas wat vry tussen die huise wei. Die plaas is 1000 ha groot en dit is veilig om te gaan voetslaan en bergfietsry. Kranspoortdam is ideaal vir visvang op vang-en-vrylaat-basis, wees met versigtig, daar is krokodille en seekoeie.

Hier is meer as 230 voëlspesies en 'n skuiling bied die ideale geleentheid vir voëlkyk en fotografie.

Kranspoort het ook 'n uitdagende 9 putjie-gholfbaan waar gholfdae en kompetisies gereeld gehou word. Bespreek dus vroegtydig.

Daar is 'n heelwat restaurante in die omgewing wat heerlike kos bedien.

Loskopdam is net 6 km van Kranspoort af en bied verskeie doendinge, soos visvangkompetisies en bootritte op die dam. Die Meraki Spa bied ook heerlike behandelings.

ZIPX se zipline met 7 lyne wat die Klein Olifantsrivier Gorge kruis, is ’n moet doen.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 52 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Pieter D
Saam met lewensmaat
5.0
Alles was 'n aangename ervaring. Baie lekker gebly. Baie mooi plek, netjies, skoon. Die plek binne en buite is absoluut puik. Alles is ongelooflik goe...
Sien meer
Aug 2024
Noelene V
5.0
Heerlike rus vir die siel wegbreek. Gasvryheid by Warthog's Den was tops. Die eenhede is baie goed en smaakvol toegerus, met alles en nog wat, wat jy ...
Sien meer
Des 2023
Olaf B
5.0
Little paradise, awesome location with lovely hosts. This little paradise was an awesome location with Johan and Adèlle as such lovely ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Wayne V
Saam met lewensmaat
5.0
Gasvryheid soos min. 5-ster. Johan en Adélle het met aankoms ons soos familie laat voel. Gasvryheid uit die bonste rakke. Slaap eenheid was soos 'n 5-...
Sien meer
Jun 2023
Martie G
5.0
Fantastiese gasvryheid en wonderlike bosveld verblyf. Ons het van die buiteland SA toe gekom om vir familie te kuier. Ons het op Warthog besluit vir d...
Sien meer
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Adelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 52

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Karpsingel 451, Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
  • Gaste dink Warthog's Den het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R940
R940 R799
per nag, vir 2 mense
Vanaf R940
R940 R799
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Karpsingel 451, Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI5OTgyNzNmLTA3YzYtNDc4Yy04MmFhLTg1YjYwNjc0ZTZlMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R940 nouVanaf R799 per nag, vir 2 mense 52 5 1 5 451 Karp Crescent Kranspoort Vakansiedorp 1080 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -25.425403295382 29.437174201012

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang