Waschbank River Lodge
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Waschbankplaas, R701, Gariepdam, 9922, Vrystaat
- Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Waschbank River Lodge is die skouspelagtigste plek op die asemrowende oewer van die Oranjerivier. ’n Mens word dadelik betower deur die soet engelmelodie van die immer vloeiende waters. Waschbank is nie net die perfekte oornagplek vir moeë reisigers nie, maar is ook ideaal vir 'n vertroostende vakansie ver weg van enige rustelose stad.
Die B&B-kamers en unieke selfsorg-eenhede is goed toegerus en spog met 'n bekoorlike uitsig oor Suid-Afrika se grootste rivier. Daarbenewens bedien Waschbank se Restaurant tradisionele, watertand, gekookte maaltye of buffets - asof dit reguit uit ouma se kombuis kom.
Geriewe op die perseel sluit 'n braai-area, troeteldiere volgens afspraak, konferensiegeriewe en veilige parkeerplek in. Gaste kan ook van die doendinge op die perseel geniet wat visvang, voëlkyk, fietsry en bergfietsry insluit.
Hier herenig gesinne deur kwaliteit tyd saam deur te bring. Belaaide harte vind hoop en alleenheid. By Waschbank River Lodge kan jy jou verlustig in die kalmerende stilte, treffende sterre en die koninklike rivier! Ons sal jou sommer met die warmste Karoo-vriendelikheid behandel.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Zelmari Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 509
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Waschbankplaas, R701, Gariepdam, 9922, Vrystaat
- Gaste dink Waschbank River Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 22 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Waschbankplaas, R701, Gariepdam, 9922, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang