Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Waterfall House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Walkersons Estate 44, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R8 800 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Waterfall House is 'n bekoorlike huis in die luukse Walkerson's Private Estate, net buite die dorpie Dullstroom, en bied ruim en gerieflike selfsorgverblyf. Die huis bied privaatheid en asemrowende uitsigte oor die waterval en die vallei.

Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 5 badkamers. Daar is 4 slaapkamers wat elk 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, het. Daar is 'n koninggrootte-bed ind ie oorblywende slaapkamer. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort of slegs 'n stort.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, oond, gasstoof, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die opwasarea het 'n skottelgoedwasser, tuimeldroër en 'n wasmasjien. Die leefarea het 'n ruim sitarea met 'n kaggel, 'n TV en 'n etenstafel met sitplek vir 10. Die vermaakarea het 'n binnebraai, 'n kaggel, 'n TV met 'n volledige DStv-pakket en 'n pooltafel.

Die groot stapeldeure lei na die onderdakstoep met 'n tafel met sitplek vir 10, sonstoele en 'n swaaistoel. Daar is ook 'n aparte gastetoilet. Verder het die huis sonkrag en 'n rugsteunbatterystelsel, WiFi en 'n dubbelmotorafdak. Hout- en vuuraanstekers word daagliks voorsien en kunsvlieghengelpermitte en daaglikse huishouding is ook beskikbaar.

Die landgoed het 'n netjiese terrein, 'n welige bergreservaat, geplaveide wandelpaadjies en 11 foreldamme. Ander geriewe sluit 'n helikopterplatform en 'n landingstrook in. Aktiwiteite op die landgoed sluit kunsvlieghengel, stap, voetslaan, voëlkyk en fietsry in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 5 Badkamers, 5 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ligging

  • Walkersons Estate 44, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Panoramaroete Mpumalanga
Vanaf
Vanaf R 8 800
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 8 800
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Walkersons Estate 44, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3c897f80b3c19be6c12071ae77faf66c2935fe008e57bf522d2215679effa41b589d9c24ea20cdb36ab146845a48fee1daa3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 800 per nag (plek vir 10) 44 Walkersons Estate Dullstroom 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.373298807951 30.190154118577

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang