Waterfront
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jasus Lalandi-straat, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
- Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Waterfront is in Lambertsbaai geleë en bied gehalte-vakansieverblyf, 30 meter van die strand af. Dié houthuis bied 'n unieke, rustige atmosfeer. Gaste kan deur die Weskus Fynbosreservaat tot op die strand stap.
Die verblyf bestaan uit 2 eenhede wat saam bespreek kan word vir groter groepe teen 'n afslagtarief. Slegs gaste van dieselfde groep word in een of albei eenhede geakkommodeer om privaatheid in die gemeenskaplike areas te verseker.
Eenheid 1 is 'n bachelor-eenheid en beskik oor 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens en ingeboude kaste. Dit het 'n privaat badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die eenheid beskik ook oor koffie- en teemaakgeriewe, mikrogolfoond, yskas en 'n slim-TV met DStv en gratis WiFi. Dit het toegang tot die gemeenskaplike leefarea met 'n binnebraai en TV, 'n eetarea en die leefarea se kombuis met 'n stoof en oond, mikrogolfoond, vrieskas, breekware en eetgerei. Die kamer maak oop op 'n patio met 'n patiostel en 'n uitsig oor die see.
Eenheid 2 beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 volwassenes en 1 kind onder 12 jaar oud. Indien gaste hierdie eenheid vir 5 volwassenes wil bespreek, sal dit teen 'n ekstra fooi wees. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke kamer het ingeboude kaste. Daar is 'n badkamer met 'n stort asook 'n klein kombuisie waar eie etes voorberei kan word. Daar is 'n slaapbank in die sitarea vir 'n kind onder 12 jaar oud. Die sitkamer het 'n uitsig oor die see, met 'n slim-TV en toegang tot al die DStv-kanale. Gaste kan hul eie Netflix-intekening gebruik. Komplimentêre WiFi is ook beskikbaar op die perseel. Die woonstel maak oop op 'n patio waar gaste die pragtige sonsondergange kan geniet.
Daar is ook 'n buitebraai en 'n gemeenskaplike leefarea met 'n binnebraai en 'n volledige kombuis. 'n Weber-braai is beskikbaar indien gaste op die stoep wil braai.
Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Gaste kan op die perseel agter geslote hekke, of voor die huis parkeer.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Drika Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 51
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Jasus Lalandi-straat, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
- Gaste dink Waterfront het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Lambertsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jasus Lalandi-straat, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang