Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Waterfront

  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jasus Lalandi-straat, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Waterfront is in Lambertsbaai en bied gehalteverblyf net 30 m van die strand af. Die houthuis bied 'n rustige atmosfeer en gaste kan selfs deur die Weskus Fynbosreservaat na die strand stap.

Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede wat saam vir 'n groot groep teen afslag bespreek kan word. Slegs gaste van dieselfde groep word in een of albei eenhede akkommodeer om privaatheid in die gemeenskaplike area te verseker.

Eenheid 1 is 'n enkelwoonstel en beskik oor 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens en ingeboude kaste. Dit het 'n privaat badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die eenheid beskik ook oor tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolf, yskas en 'n slim-TV met DStv en gratis WiFi. Dit het toegang tot die gemeenskaplike leefarea met 'n binnebraai en TV, 'n eetarea en die leefarea se kombuis met 'n stoof, oond, mikrogolf, vrieskas, breekware en eetgerei. Die kamer lei na 'n stoep met stoepmeubels en 'n uitsig oor die see.

Eenheid 2 beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 volwassenes en 1 kind onder 12. Indien gaste hierdie eenheid vir 5 volwassenes wil bespreek, sal dit teen 'n ekstra fooi wees. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke kamer het ingeboude kaste. Daar is 'n badkamer met 'n stort, asook 'n kombuisie waar eie etes voorberei kan word. Daar is 'n slaapbank in die sitkamer vir 'n kind onder 12. Die sitkamer het 'n uitsig oor die see, met 'n slim-TV en die volle DStv-pakket. Gaste kan hul eie Netflix-intekening gebruik. Gratis WiFi is ook op die perseel beskikbaar. Die woonstel lei na 'n stoep waar gaste die pragtige sonsondergange kan geniet.

Daar is ook 'n buitebraai en 'n gemeenskaplike leefarea met 'n binnebraai en 'n volledige kombuis. 'n Weber-braai is beskikbaar indien gaste op die stoep wil braai.

Daar is veilige parkeerplek op die perseel. Gaste kan op die perseel agter geslote hekke of voor die huis parkeer.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 49 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Elmarie B
Saam met vriende
5.0
Gerieflike verblyf naby die see. Ons het vinnige oornagplek gesoek omdat ons Bird Island besoek het vir bruinmalgas. Alles was netjies en skoon en hoo...
Sien meer
Feb 2024
Vimal B
Gesin met klein kinders
5.0
Excellent accommodation in Lambert's Bay. The house was amazing with all you could want. The owner and host is a wonderful person who m...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024
Emanuel C
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was 'n fantastiese kuier. Het baie lekker gebly. Geen klagtes.
Jan 2024
Rudi M
Besigheidsreis
5.0
Awesome stay! This was a business trip, but I will definitely be back with my family.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2023
Antoinette V
Saam met vriende
5.0
Die huisvesting was heerlik ruim en baie netjies. Ons was aangenaam verras met die verblyf. Alhoewel dit gereën het, kon ons nog steeds die see ervaar...
Sien meer
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Drika Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 49

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Jasus Lalandi-straat, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Waterfront het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jasus Lalandi-straat, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1ec23584fc0da7aa4263cf7b429b1a37544c632af7bf23e849bb023d27580bf2db2742eb0adca45013d81b2b8e12fe00cf9e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 49 5 1 5 19 Jasus Lalandi Street Lamberts Bay 8130 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -32.107495185765 18.304369364431

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang