Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Waterhouse Guest Lodge Waterkloof

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lawleystraat 202, Waterkloof, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Waterhouse Guest Lodge Waterkloof word deur pragtige huise en ambassades in Lawleystraat omring. Dit is naby die Brooklyn Mall en bied maklike toegang tot die N1.

Verblyf is beskikbaar in 15 selfsorg-eenhede wat elk 'n privaat ingang, kombuis of kombuisie, 'n badkamer met 'n stort of 'n bad en 'n privaat stoep of 'n balkon het. Linne en handdoeke word voorsien en veilige parkeerplek is beskikbaar. Al die eenhede het gratis WiFi, DStv met 'n hotelpakket of Netflix en 24 uur-sekuriteit.

Ons knap voortdurend ons eenhede op om dit vars en modern te hou. Aandag aan detail is oral op die perseel te sien, soos die sierfonteintjies in ons pragtige tuin.

Die gastehuis is naby Pretoria se buiteklub, gimnasiums, Groenkloof Life Hospitaal, Brooklyn MediClinic, SARS-kantore, die Uniegeboue, Unisa (Universiteit van Suid-Afrika), Tukkies (Universiteit van Pretoria), SABS, Groenkloof tennisklub en Loftus Versveld.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 65 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.4
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Theuns V
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was alles en meer wat ons nodig gehad het! Baie dankie vir puik slaapplek. Dit was heerlik en naby aan alles wat ons wou doen! Ons kon ook reël vi...
Sien meer
Apr 2024
Andra B
Saam met lewensmaat
5.0
Dis 'n pragtige gastehuis met velige parkering. Heerlik gebly en geslaap.
Jan 2024
Lourette V
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Fantastiese diens ontvang. Diens bestuurder was meer as behulpsaam en het die ekstra myl geloop om ons verblyf huislik te maak.
Jan 2024
Yolande D
Gesin met tieners
5.0
Sien sterre. Mooiste plekkie ooit, met 'n lekker kuierstoep en 'n mooi tuin. Alles wat jy nodig het, is daar. Vriendelike ontvangs en heeltyd daar om ...
Sien meer
Jan 2024
Mabel V
Gesin met tieners
5.0
Ek en my drie kinders het daar oorgebly in die week. Alles was puik! Baie veilig. Baie lekker en veilig!
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Monique Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 294

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Lawleystraat 202, Waterkloof, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink Waterhouse Guest Lodge Waterkloof het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 34 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lawleystraat 202, Waterkloof, Pretoria, 0181, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc8fcf844269ac69384cbc41fb43ee4b34a0abff5e2732081712cd72d521acd79454424ee12fb151d27027a66748cb3b96615?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 65 5 1 5 202 Lawley Street Waterkloof 0181 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.78185091487 28.231430053711

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang