Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Waterkant Villa

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Perlemoen Close 4, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 300 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Waterkant Villa is 'n volledig toegeruste vakansiehuis wat aan die strandfront van Jacobsbaai in die bekende Moerie-se-baai geleë is. Die huis bied ononderbroke uitsigte oor die baai en 'n verhitte swembad wanneer beurtkrag dit toelaat. Die huis is toegerus met 'n omskakelaarstelsel wat die ligte, TV en Wi-Fi aandryf.

Dié ruim huis beskik oor 3 en suite-slaapkamers op die grondvloer wat elkeen 'n koningingrootte-bed het. Die boonste verdieping het 'n oopplan-area met 2 enkelbeddens, 'n aparte kombuisie en badkamer. Saam is die verblyf ideaal vir groepe of gesinne, met slaapplek vir 6 tot 8 gaste. Alle beddegoed en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea bevat 'n volledig toegeruste kombuis, sitkamer met 'n kaggel en eetkamer. Die kombuis en opwaskamer is toegerus met SMEG-gasstoof en elektriese oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wynkas, ysmasjien, en mikrogolfoond. Daar is 'n slim-TV in die sitarea, sowel as die solderkamer en in die een slaapkamer.

Die binnehof het 'n pizza-oond en word omring deur 2 slaapkamers en die kombuis. Die leefarea het groot stapeldeure wat na 'n ruim stoep oopmaak. Die stoep het 'n groot etenstafel en sonstoele op die houtdek asook 'n ingeboude braai. Die verhitte swembad het ononderbroke see-uitsigte.

Die huis beskik ook oor 'n gratis WiFi-verbinding, parkeerplek in die doodloopstraat. Die huis is beveilig met aluminium luike asook 'n alarmstelsel. Die eiendom het 'n omskakelaar en 'n batterystelsel wat krag aan die ligte, WiFi en TV verskaf.

Jacobsbaai is bekend vir sy Weskusstyl wit huise. Die strate is plek-plek nog stowwerig. Moerie's Bay is 'n afgesonderde getypoel wat beskerming bied teen die stormagtige Atlantiese Oseaan en waar 'n mens met hoogwater in lou water in die Atlantiese Oseaan kan swem, of langs die strand kan stap, en sit en wag vir laagwater om vars krewe te vang. geniet word met 'n glasie witwyn uit die omgewing.

Waterkant Weskus is 12 km weg van die Weskus Mall net buite Vredenburg. Vir meer vermaak is Paternoster en Langebaan net om die draai.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 4

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Philippa P
5.0
Relaxing stay in a beautiful environment. Lovely accommodation in a beautiful and peaceful location.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Gavin G
Gesin met klein kinders
5.0
A wonderful host, beautiful house and unforgettable sunsets. What a fantastic house, everything you needed and with the ocean in front ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Nadia V
Gesin met klein kinders
5.0
Gemaklik, ruim, gesellig, lig, goed ingerig, veilig. Heerlik gebly! Die huis is ruim, gesellig, met meer as wat mens benodig vir 'n kort of lang kuier...
Sien meer
Des 2023
Melissa R
Saam met vriende
4.8
Fenomenale naweek. Skouspelagtige uitsigte met 'n uitstekend toegeruste huis. Vriendelike en behulpsame eienaars. Ons het definitief 'n nuwe gunstelin...
Sien meer
Nov 2023
Tjaart V
Saam met lewensmaat
4.8
Weskus-Bliss. Luukse akkommodasie met die heel beste ligging. Word wakker met 'n uitsig oor Moerie se Baai.
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Mariet Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Perlemoen Close 4, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Gaste dink Waterkant Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 300
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R5 300
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Perlemoen Close 4, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbApMSU2lExVqx5YZviuGrqVBjby5j7o8z3q9Wa0ee4bU9dFGsS?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 300 per nag, vir 8 mense 23 5 1 5 4 Perlemoen Close Jacobs Bay 7395 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.980088136726 17.886314842046

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang