Waterside Townhouse
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 15:00 - Adres: Waterstone East T210, Century City, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R2 580 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Waterside Townhouse is 'n lieflike selfsorghuis op die Waterstone East Estate in Century City, Kaapstad. Dit is ideaal vir gesinne en vriende.
Hierdie dubbelverdieping-meenthuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 3 badkamers. Beide slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort en die tweede slaapkamer se en suite-badkamer het 'n stort. Die derde badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n etenstafel toegerus. Daar is 'n wasmasjien in die huis en 'n gemeenskaplike tuimeldroër in die landgoed. Die leefarea het 'n rusbank en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot 'n balkon met meubels, 'n braai, 'n toegeboude tuin, gemeenskaplike swembad en veilige parkeerplek op die perseel.
Die tuinhek lei na die paadjie na die waterkanaal en ook na Intaka-eiland waar gaste kan voëlkyk. Canal Walk is 'n kort entjie se stap of 1,6 km se ry van die verblyf af. Milnerton-strand is 7 minute se ry vanaf die verblyf. Century City is naby Durbanville se wynplase en naby die N1 en N7 en net 11,4 km (15 minute) na die V&A Waterfront.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Elektriese kombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Ligging
- Waterstone East T210, Century City, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Century City Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 15:00 - Adres: Waterstone East T210, Century City, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang