Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Waterval Gasteplaas Karoo

Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterval Plaas, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Waterval Gasteplaas Karoo is in die hartjie van die Witteberg-bergreeks 17 km buite Laingburg in die Wes-Kaap. Dit bied luukse oornagverblyf tussen die Kaap en Johannesburg. Die verblyf is ongeveer 270 km vanaf Kaapstad en Laingsburg is ideaal as 'n oornagplek vir reisigers van Gauteng.

Die geriewe op die plaas is superluuks en van uitstekende gehalte. Alles is nuut en het Karoo-karakter omdat baie moeite gedoen is om boumateriaal te gebruik wat by die Karoo pas. Daar is 'n verskeidenheid verblyfopsies op die plaas van superluuks tot standaard. Dit is ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers.

Die bergkothuis is baie gewild en bestaan uit twee lekker groot eenhede wat selfstandig is, maar met 'n gemeenskaplike braaikombuis verbind word. Die groot Karoo-patio voor die kothuis het 'n onderdakbraai-area en buite in die tuin is 'n braai-area vir die sterrekykers. Die uitsig vanaf die bergkothuis is besonders.

Dié gasteplaas is ideaal vir gaste wat die ongelooflike stilte van die Karoo wil ervaar. Neem asseblief kennis dat daar 'n grondpad van 12 km is wat na die verblyf lei.

Doendinge in die area sluit bergfietsry, 4x4-voertuigroetes, staproetes, Seweweekspoort, Anysberg Natuurreservaat, Swartbergpas en die Hel met die Sutherland-sterrewag in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Waterval Gasteplaas Karoo
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Murphy Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 9 maande

Ligging

  • Waterval Plaas, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Gaste dink Waterval Gasteplaas Karoo het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Karoo Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 7)
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterval Plaas, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe03db345507b3eeac8b45c57692cc089dd19dce20f461364c61ffefeca7b04c879fa4555335fef1173f313e6d0b4bb0f5e75?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 7) 1 5 1 5 Waterval Farm Laingsburg 6900 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.263447642583 20.764625467805

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang