Waterval Self-catering Holiday Home
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs Hoofstraat, Waterfall-plaas 41, Sabie, 1260, Mpumalanga
- Vanaf R5 900 per nag, vir 16 mense
Beskrywing
Waterval Self-catering Holiday Home is op 'n heuwel sowat 1 km vanaf Sabie en bied gerieflike verblyf aan 16 gaste.
Die huis beskik oor 5 slaapkamers, 5 badkamers, 'n kombuis en 'n sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die derde en vierde slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n tripelstapelbed met 'n dubbelbed onder en 2 enkelbeddens bo. Sy en suite-badkamer het 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die groot kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware, potte, panne en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus, en maaltye kan by die etenstafel geniet word.
Gaste kan in die sitarea voor die TV met sekere DStv-kanale ontspan. Daar is ook gratis onbeperkte WiFi, 'n daaglikse skoonmaakdiens en goeie selfoonsein.
Die leefarea lei na 'n dek met 'n lieflike uitsig oor die omgewing en die erf is omhein. Waterval Self-catering Holiday Home is ook aan gewapende reaksie gekoppel.
Waterval Self-catering Holiday Home word deur sonkrag aangedryf en word dus nie deur beurtkrag geraak nie.
Die huis is 2 km vanaf verskeie winkels en restaurante, 10 km vanaf Lone Creek Falls en 11,6 km vanaf Mac Mac Pools en Mac Mac Falls. Sabie bied verskeie aktiwiteite, soos gholf, visvang, swem, bootvaart, riviervlotvaart, voëlkyk, abseil, lugballonvlugte en voetslaan.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Stapelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Rudolf Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 51
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Langs Hoofstraat, Waterfall-plaas 41, Sabie, 1260, Mpumalanga
- Gaste dink Waterval Self-catering Holiday Home het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs Hoofstraat, Waterfall-plaas 41, Sabie, 1260, Mpumalanga