WaterWind
Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 1 Aug 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vloksiestraat 23, Kleinkrantz, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 550R1 085 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
WaterWind bied gehalteverblyf aan 'n gesin en hulle troeteldier of 'n groep vriende in Wildernis. Dit is binne maklike bereik van verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.
Dié dubbelverdieping-selfsorghuis beskik oor 3 slaapkamers, 2,5 badkamers, en spog met 'n see-uitsig vanaf die balkon en is ideaal vir die welverdiende kuswegbreek. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Hierdie kamers deel die tweede badkamer en daar is ook 'n gastetoilet.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei, breekware, potte en panne en braaitoerusting.
Die sitarea het 'n slim-TV met Chromecast. Dit is nie aan 'n uitsaaier gekoppel nie. Daar is lieflike braaigeriewe op die stoep.
Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
WaterWind is ideaal vir' n rustige wegbreek en is in ’n stil woonbuurt geleë. Partytjies met harde musiek word ongelukkig glad nie toegelaat nie.
Die huis is 5 minute se stap vanaf Kleinkrantz se strand. Die strand is bekend vir visvang, 20 km van ongerepte strand en is ook 'n internasionale valskermsweef bestemming. WaterWind is in die hartjie van die Tuinroete tussen George en Knysna in die pragtige, multikulturele kusdorpie, Kleinkrantz, 'n woonbuurt van Wildernis. Die dorpie is ongeveer 8 km vanaf Wildernis Village winkelsentrum en 20 km vanaf George lughawe en die Garden Route Mall.
Wildernis is langs die Touwsrivierstrandmeer geleë tussen Kaaimansrivier en die Goukamma Natuurreservaat, langs die Outeniekwaberge en die warm Indiese Oseaan. Die omgewing bied iets vir almal met pragtige strande, perdry, bergfietsroetes, voetslaanroetes, watersport en voëlkyk.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Stephanie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Vloksiestraat 23, Kleinkrantz, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
- Gaste dink WaterWind het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kleinkrantz Wildernis Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vloksiestraat 23, Kleinkrantz, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang