Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wattle Katels

Gastehuis

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Carlie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 3 jaar

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 4 resensies vir Wattle Katels
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
3.3/5
Waarde vir geld
3.8/5
El-marie F - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
El-marie F

Sielerus in die middel van nêrens.

Die kamers is aboluut pragtig. Ek het al in baie plekke oornag, maar hierdie kamer met sy badkamer en koffiestasie was die beste wat ek nog ooit beleef het i.t.v. gerief, dekor en kliëntediens. Ons het hopeloos verdwaal soontoe, wat 100% ons en Google Maps se probleem was, so ek stel voor jy kry sommer van die begin af aanwysings by die eienaars en maak nie staat op GPS'e en dinge nie, want ons is gou-gou telefonies op die regte pad gewys. Die plekkie is regtig ver van enige beskawing, maar as jy in daardie omgewing moet wees of 'n naweekwegbreek soek met geen tegnologie wat jou pla nie (die selfoonsein is nie great nie), is hierdie die plek. Aan die negatiewe kant moet ek sê die huisies is baie naby aan mekaar, maar ons was alleen tot laat in die nag, toe ons bure gelukkig stil-stil ingekom het. Omdat die plekkie ver van die "beskawing" is, is sekuriteit dalk 'n probleem. Ek dink hierdie is 'n fantastiese plek vir 'n groep familie of vriende wat net 'n naweek iewers bymekaar wil kom en baie rustig kuier. Dan gaan sekuriteit en die nabyheid van die "bure" ook nie 'n issue wees nie.

Wattle Katels se terugvoer

Hi El-Marie, baie dankie vir jou goeie resensie. Ons waardeer dit opreg. Ons wil jou ook net gerus stel dat daar 'n wag aangestel word tydens alle oornag besprekings, die wag is gewoonlik aan diens tussen middernag tot 06:00/07:00 die oggende, maar bly wel uit sig uit van ons gaste om hul rustigheid nie te versteur nie. Die eienaars bly ook 400m van die huisies af, soos die kraai vlieg, en dus is daar altyd iemand naby, alhoewel dit steeds afgesonder voel.

Wattle Katels
Werner F - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Werner F

Dit was baie lekker gewees!

Baie lekker, parkering was net beperk.

Anonieme gas - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
2/5
Anonieme gas
Madelein S - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Madelein S

Ongelooflik mooi, skoon en bedagsaam.

Die plekkies is onberispelik en smaakvol. Wat my regtig beïndruk het, is die klein goedjies wat hulle insluit vir jou gemaklikheid. Die Peaceful Sleep, skeermes, en haardroër is maar net van die oulike byvoegings. Alles in die eenheid ruik lekker. Van die toiletspuitgoed tot die beddegoed wat soos laventel geruik het. Die omgewing is verby mooi en die grondpad was regtig nie so erg nie. Die eenheid was 'n bietjie koud, maar die warm beddegoed het daarvoor opgemaak. Volgende keer sal ons beslis langer bly.

Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vanaf Delmasweg/R50, Port 85 Tweefontein 413JR, Tweefontein AH, 1510, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAabea4833b595ea61348c3595a856ad817875b0ea4d72598a291688bd09d45eeb6347394faca12e95d99b3972a010fd767bdb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 Off Delmas Road/R50 Port 85 Tweefontein 413JR 1510 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.954177276044 28.395886040509

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang