Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wattle Katels

Gastehuis

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.3
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.5
Veiligheid
3.3
El-marie F
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Feb 2023

Sielerus in die middel van nêrens. Die kamers is aboluut pragtig. Ek het al in baie plekke oornag, maar hierdie kamer met sy badkamer en koffiestasie was die beste wat ek nog ooit beleef het i.t.v. gerief, dekor en kliëntediens. Ons het hopeloos verdwaal soontoe, wat 100% ons en Google Maps se probleem was, so ek stel voor jy kry sommer van die begin af aanwysings by die eienaars en maak nie staat op GPS'e en dinge nie, want ons is gou-gou telefonies op die regte pad gewys. Die plekkie is regtig ver van enige beskawing, maar as jy in daardie omgewing moet wees of 'n naweekwegbreek soek met geen tegnologie wat jou pla nie (die selfoonsein is nie great nie), is hierdie die plek. Aan die negatiewe kant moet ek sê die huisies is baie naby aan mekaar, maar ons was alleen tot laat in die nag, toe ons bure gelukkig stil-stil ingekom het. Omdat die plekkie ver van die "beskawing" is, is sekuriteit dalk 'n probleem. Ek dink hierdie is 'n fantastiese plek vir 'n groep familie of vriende wat net 'n naweek iewers bymekaar wil kom en baie rustig kuier. Dan gaan sekuriteit en die nabyheid van die "bure" ook nie 'n issue wees nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
5.0
Carlie
Wattle Katels
Hi El-Marie, baie dankie vir jou goeie resensie. Ons waardeer dit opreg. Ons wil jou ook net gerus stel dat daar 'n wag aangestel word tydens alle oornag besprekings, die wag is gewoonlik aan diens tussen middernag tot 06:00/07:00 die oggende, maar bly wel uit sig uit van ons gaste om hul rustigheid nie te versteur nie. Die eienaars bly ook 400m van die huisies af, soos die kraai vlieg, en dus is daar altyd iemand naby, alhoewel dit steeds afgesonder voel.

Werner F
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Feb 2023

Dit was baie lekker gewees! Baie lekker, parkering was net beperk.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Anonieme gas
1 nag Saam met lewensmaat
2.4
Apr 2023

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
2.0
Carlie
Wattle Katels
Hierdie gas het spesifiek vooraf toestemming gevra om vroeer in te kom. Sy het gesê dat sy 'n troue bywoon en die hek is vir haar gerief dienooreenkomstig wat gereel is, gereguleer. Ons (eienaars) moet kragopwekkers by ander besighede op die perseel aan- en afskakel soos beurtkrag ingestel word, en kontrolleer sommer die hek en ry patrollie terselfdertyd. Ons het nie 'n wag in uniform wat op 'n stoeltjie by die hek sit nie. Ons wag stap patrollie die hele aand (tydens gaste se verblyf) in privaatklere, en reguleer die hek. Ons gebruik slegs kragopwekkers by die kamers vir bruide wat vir hul troue voorberei. Beurtkragtye is kort genoeg om of betyds op te staan en die ketel te kook, of om te wag tot na beurtkrag. Ons inligtingstuk dui spesifiek aan dat ons nie Wi-Fi beskikbaar het nie. Die area is van so 'n aard dat ons 'n mas moet opsit en nie alleenlik 'n booster nie.

Madelein S
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Aug 2022

Ongelooflik mooi, skoon en bedagsaam. Die plekkies is onberispelik en smaakvol. Wat my regtig beïndruk het, is die klein goedjies wat hulle insluit vir jou gemaklikheid. Die Peaceful Sleep, skeermes, en haardroër is maar net van die oulike byvoegings. Alles in die eenheid ruik lekker. Van die toiletspuitgoed tot die beddegoed wat soos laventel geruik het. Die omgewing is verby mooi en die grondpad was regtig nie so erg nie. Die eenheid was 'n bietjie koud, maar die warm beddegoed het daarvoor opgemaak. Volgende keer sal ons beslis langer bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Carlie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vanaf Delmasweg/R50, Port 85 Tweefontein 413JR, Tweefontein AH, 1510, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAabea4833b595ea61348c3595a856ad817875b0ea4d72598a291688bd09d45eeb6347394faca12e95d99b3972a010fd767bdb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 Off Delmas Road/R50 Port 85 Tweefontein 413JR 1510 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.954177276044 28.395886040509

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang