Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wavecrest

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rocklands-weg 141, Rooi-Els, 7196, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Wavecrest is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Rooi-Els met 'n uitsig oor Valsbaai. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesinswegbreek of 'n groot groep vriende wat hierdie deel van die Wes-Kaap wil verken.

Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die ander 2 badkamers het onderskeidelik 'n bad en 'n stort. Skoon, wit linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die helder en lugtige oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, wynyskas, eetgerei en breekware toegerus is en 'n toonbank met stoele het. Die kombuis lei na 'n eetarea met genoeg sitplek en 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n kaggel. Daar is 'n aparte TV-kamer op die onderste verdieping. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n houtbalkon met 'n gasbraai en 'n uitsig oor die see. Rooi-Els is langs 'n biosfeerresrvaat geleë en gaste sal soms grysbokke, bobbejane, muishonde, dassies en 'n verskeidenheid voëls sien. Let asb. dat hulle wilde diere is en nie gevoer moet ord nie. Gaste moet hul deure en vensters toemaak wanneer hulle nie by die verblyf gaan wees nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet met bidet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Anneke Geverifieer

Eiendomme 27

Resensies 107

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Rocklands-weg 141, Rooi-Els, 7196, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 5 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 5 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rocklands-weg 141, Rooi-Els, 7196, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe48bbc5eacf50007e78e503ed9e0dc3714f935ad276fbbf1b6f017042fc4b67ace711b0e950c057426e654aae74dd6252a01?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8) 141 Rocklands Road Rooi-Els 7196 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.3032568 18.8145117

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang