Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wavecrest Self Catering

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olive-straat 3, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Vanaf R5 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Wavecrest Self Catering is 'n selfsorg-vakansiehuis in Wavecrest, Jeffreysbaai. Dit is ideaal vir 'n familie of groep vriende op soek na 'n kuswegbreek met 'n pragtige see-uitsig.

Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 dubbelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Gaste in laasgenoemde twee slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en stort.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies en 'n etenstafel met sitplek vir 12 gaste. Die aparte opwaskamer het 'n wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser en dubbelyskas. Die hoofsitarea het 'n gemaklike rusbank en op die boonste verdieping is daar 'n knus TV-kamer met DStv-kanale, baie boeke en binnebraaigeriewe.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en daar is ook 'n toesluit-dubbelmotorhuis. Die huis is 500m vanaf die strand en stapafstand van 'n gholfbaan, restaurante en winkels af.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

4

2 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Ligging

  • Olive-straat 3, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olive-straat 3, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf7cc127abca83431f59bf311981b27ffc5db992d69fa2179ef840e19fdeb421f0c321e1220cedd36d71144acdec50c3146ef?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag (plek vir 10) 3 Olive Street Wavecrest 6330 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.038716534067 24.923220295701

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang