Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wederom Hanepoot Huisies

Gastehuis

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Mervyn C
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Okt 2023

Asemrowende uitsig oor wingerd en berg. Annette is 'n uitstekende gasvrou en was altyd beskikbaar. Dankie vir die spesiale reëling vir die rugby. Die huisies met die outydse meubels is vol karakter.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Annette & Nicola
Wederom Hanepoot Huisies
Baie dankie vir jul mooi terugvoer. Ons is bly jul het die naweek (en die rugby!) geniet op Wederom. Kom kuier gerus weer in die toekoms.

Barbara B
Kort verblyf
4.6
Aug 2024

Netjiese huisies met als wat jy benodig en lekker kaggel. Baie lekker gebly, verblyf naby plaas waar troue was, ligging was goed. Wind was net baie erg heel naweek, so kon nie die lekker stoep en braai area geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Annette & Nicola
Wederom Hanepoot Huisies
Hi Barbara, baie dankie vir jou terugvoer, ons is bly dat julle lekker gebly het! Jammer julle kon nie die stoepie geniet nie, maar ons verwelkom julle weer terug in (n ander tyd van die jaar vir (n lekker sonnige naweek in Robertson!

Anonieme gas
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Aug 2024

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Annette & Nicola
Wederom Hanepoot Huisies
Hi Michael, thank you for your review. We once again apologise if there were any inconveniences relating to the weather, and hope to welcome you again soon for a sunny weekend in Robertson!

Kyla H
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Jan 2024

Amazing! Had a really great stay, and enjoyed everything that was on offer. Absolutely amazing. Wederom Hanepoot Huisies was really well equipped with everything we needed to enhance our stay. The pool was lovely, and we had an amazing view.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Annette & Nicola
Wederom Hanepoot Huisies
Thank you so much, Kyla! We are so happy that you enjoyed your stay. See you next time!

Alta S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Jan 2024

Rustige omgewing. Baie rustige atmosfeer so tussen die wingerde.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Annette & Nicola
Wederom Hanepoot Huisies
Baie dankie vir jou terugvoer, Alta. Ons is bly julle het julle tyd hier geniet! Julle is altyd welkom terug

Elizna A
Kort verblyf Gesin met tieners
3.8
Aug 2024

Baie lekker gekuier. Baie lekker gebly. Plek bietjie oud vir die prys wat gevra word. Geen vadoeke of skêr. Melk was gevries in yskas. Waarom is die spesifieke huisie duurder as die res? Baie lekker rustig gekuier.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Annette & Nicola
Wederom Hanepoot Huisies
Dankie vir jou terugvoer. Ek sou so graag die vadoeke, sker en vars melk vir jou wou voorsien terwyl jy hier was. Die telefoonnommer van die gastehuis sowel as my selnommer word op die sleutelhouer voorsien juis om enige probleme vir ons gaste aan te spreek terwyl hul hier is. Dit is jammer dat jy nou eers laat weet. Ek vra om verskoning dat daar geen vadoeke in die eenheid was nie; dit was moontlik net oorgesien met die regmaak van die kamers. Ons voorsien nie skere in ons eenhede nie, maar ek sou daarmee kon help indien ek geweet het dat dit 'n behoefte was. Ons sal kyk na die temperatuurverstelling van die yskas; die melk is nie veronderstel om te vries nie. Die koste van die Winkelhuisie eenheid is duurder as die ander eenhede omdat dit 'n tweeslaapkamer eenheid is en dus 4 persone (en nie 2) soos die ander eenhede kan akkommodeer. Indien jy die prys deur 4 deel, sal jy sien dat dit eintlik goedkoper per persoon uitwerk. Die Winkelhuisie is 'n historiese geboutjie met 'n ryk geskiedenis, daarom die 'ou' gevoel wat ons graag probeer behou, maar ek verstaan dat dit nie almal se smaak is nie. Ek vra nogtans om verskoning dat julle nie 100% tevrede was nie en hoop dat ons julle weer in die toekoms kan ontvang om vir julle 'n beter ervaring te verseker.

Johan D
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Sep 2022

Pragtige ligging en goeie bestuur. Die ligging is besonders en op 'n rustige plaas. Die bestuurder en haar dogter doen baie moeite en is altyd bereid om te help. Ek sal beslis weer hier oorbly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Annette & Nicola
Wederom Hanepoot Huisies
Hall Johan, baie dankie vir jou lieflike terugvoer. Ons is bly julle het julle tyd op Wederom geniet. Julle is altyd welkom terug! Wederom-groete, Annette en Nicola.

Berlize G
Kort verblyf Saam met vriende
3.6
Mei 2022

Pragtige omgewing, maar die eenhede het aandag nodig. Die huisies is in 'n baie mooi omgewing en die kaggel is heerlik, pragtige antieke meubels. Die badkamer is basies in die kombuis en het slegs "saloon" tipe deure, d. w. s. geen privaatheid. Dit het dit baie ongemaklik gemaak aangesien ek saam 'n vriend (nie 'n eggenoot of lewensmaat) gereis het. Die kombuiskraan het aanhoudend gedrup, wat irriterend was wanneer mens probeer slaap. Daar was geen DStv kanale nie, slegs SABC en etv. Dalk het die ander eenhede nie dieselfde probleme nie, ons het in Chardonnay gebly. Dit is vir my baie hartseer dat ons nie 'n goeie ervaring gehad het nie, veral as ek kyk na al die ander goeie resensies.

Netheid
2.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0
Annette & Nicola
Wederom Hanepoot Huisies
Beste Berlize, baie dankie vir jou eerlike resensie van jou verblyf by Wederom. Ons is opreg jammer dat jy nie 'n goeie ervaring gehad het nie, maar verwelkom jou kritiek. Ons is tans besig met heelwat opgraderings op die plaas en aan die eenhede, en sal spesifiek aandag gee aan die probleme wat jy genoem het. Ons mikpunt is dat elke gas op Wederom 'n lieflike ervaring het, en sal jou graag wil vergoed deur 'n gratis naweek op Wederom in die af-seisoen aan te bied na ons opgraderings voltooi is. Dankie dat jy verstaan, ons hoop om gou van jou te hoor. Groete, die Wederom span.

Theo D
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Feb 2021

Sal definitief weer daar bly as ons in die omgewing is. Gina, die goue labrador het ons mooi opgepas en voor ons deur wou slaap. Rustig tussen die druiwe.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Annette & Nicola
Wederom Hanepoot Huisies
Hallo Theo. Ons is bly julle het dit geniet op Wederom. Gina staan altyd reg om ons gaste te verwelkom en weer af te sien ;-) Groete tot volgende keer!

Tanya U
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Mei 2021

Pragtige uitsig oor die wingerde. Wederom was skoon was mooi minimalisties versier, tog pragtig. Ons het slegs die eienaar/iemand gesien by inkloktyd en daarna geen een in sig. Die restaurant was toe en daar was geen opsie vir ontbyt nie - dis altyd makliker om B&B te bespreek as jy die area verken en verskeie plekke besoek.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Annette & Nicola
Wederom Hanepoot Huisies
Hallo Tanya, baie dankie vir jou resensie, en ons is bly julle het die natuurskoon van ons omgewing geniet :-) Ons kantoor op die perseel is 24/7 beskikbaar vir ons gaste, maar gun ons gaste die stilte van die plaaslewe. Ons is altyd naby vir enige behoeftes wat ons gaste mag he, gedurende hulle tyd op die plaas, en plaas dus alle kontaknommers op die sleutelhouer. Ontbyt is altyd beskikbaar op 'n vooraf bespreekde basis :-) Dankie dat julle kom kuier het, ons hoop ons sien julle gou weer! Groete Wederom

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Annette & Nicola Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 44

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wederom Boerdery, Goree, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAca18b5501ac211ed9aa62dc573eff767a23ad98e8219a7858db6f77fbb74297a8af80fe41b9453c12ecd437a0c02c87df7a0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 44 5 1 5 Wederom Boerdery Goree 6705 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.818135413358 19.788061380386

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang