Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wegkruip Stilbaai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Nico R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jan 2024

Heerlik wegkom naweek in Wegkruip Stilbaai. Ligging van die huis is goed, maar die gebou kort 'n bietjie liefde.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Dankie vir julle kuiertjie daar op die duin. Bly julle het dit geniet.

Lisa P
Lang verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Jul 2023

Incredible location directly on the beach. House is on the quiet side of Stilbaai. Good family home. House has all amenities required. Fun had by the whole family.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Thank you for your review, Lisa. We are so glad you had such a fun time in the middle of winter!

Pieter V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Mrt 2021

Onopgesmukte familiestrandhuis. Basiese akkommodasie vir 'n lekker groot gesin en hul vriende. Die plek is vir lekker vakansiehou en is sonder tierlantyntjies. In die mode wees is nie belangrik nie. Warm storte, koue vrieskaste, vol kombuis en die see 'n frisbee-gooi ver.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Baie dankie vir die terugvoer. Hierdie is 'n perfekte opsomming van ons huis! Bly julle het dit geniet daar.

Irene S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.4
Feb 2021

Ons was 4 gesinne met kinders en almal het gemaklik gevoel met die hoeveelheid spasie; dit was nie beknop nie. Die ligging is lieflik; kon nie vir beter vra nie. Kamers netjies. Badkamers is nie goed nie, dit voel soos kampeerbadkamers. Ons het egter afgeskeep gevoel met klein, basiese goedjies. Daar was nie genoeg toiletpapier, skottelgoedseep of swartsakke nie. Daar was nie genoeg vadoeke of lappies in die kombuis nie, en ook nie n skottelgoedsponsie nie. Die wasgoedpennetjies was in 'n broodsakkie, wat seker nie saak maak nie, maar dit is so 'n klein detail wat n groot verskil kan maak aan afronding. Ons is gevra om self ons vullisdrommetjies leeg te maak en ons eie swartsakke by 'n vullishoop weg te gooi. Ons moes ook ver ry na die ander kant van Stilbaai om die sleutel af te gee.

Netheid
3.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Hallo Irene, ek is baie jammer dat julle die naweek so rampspoedig beleef het. Ek sal beslis uitvind waarom julle gevra was om julle eie vullisdrommetjies uit te gooi, want daar is nie eers sprake daarvan dat ons gaste so behandel word nie. Ek was ook nie bewus daarvan dat gaste gevra is om die swartsakke weg te gooi nie. Dis ‘n verrassing vir my en ek sal dit met die skoonmakers bespreek. Die hele huis is wat mense “rustic” noem en daarom is die badkamers eenvoudig. Ons is egter besig om dit op te knap, veral aangesien ons met 'n waterlekkasie by die muur tussen die een badkamer en toilet sukkel. Die feit dat die huis so teen die see is, veroorsaak ongelukkig dat die plek maklik mufferig raak. Ons sal seker maak dat gaste in die toekoms genoeg inligting kry oor wat in die huis verskaf word en wat nie. Ek kan byvoorbeeld nie dink waarom daar te min vadoeke was nie en wat van die skottelgoedwasborsel geword het nie. Dit maak 'n mens sommer moedeloos. Baie dankie vir jou kommentaar. Dit help my om na te gaan hoe die plek bestuur word.

Ronelle R
Kort verblyf
5.0
Okt 2020

Baie lekker. Ideale huis vir groter groep met kinders. Goeie ligging. Baie vriendelik ontvang.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Ek is so bly julle kon uiteindelik daardie wegbreek inkry.

Zephian A
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Nov 2020

Gemaklike kuierhuis. Wegkruip is 'n heerlike kuierhuis. Ons het die naweek vreeslik geniet. Alles wat jy nodig het is beskikbaar en jy is reg teen die see. Die badkamers kort bietjie aandag.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Baie dankie vir die terugvoer, Lizé. Ons sal 'n plan maak met die badkamers, maar is andersins bly julle het die naweek geniet.

Chantal B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Nov 2019

Dit was 'n fantastiese wegbreek weg van die geraas van stad. Heerlike wegbreek by die see. Stil en veilige area. Asemrowende see-uitsig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Ons is so bly julle het dit geniet by Wegkruip. Nou weet julle waar die naam vandaan kom! Kom kuier gou weer.

Lloyd T
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2019

Perfect spot in a great little town. So close to the beach and near the river.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Thank you for your comments. We are glad you enjoyed your stay at our little hide away!

Jaco S
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Mrt 2018

Uitstekende ligging by die see. Met kinders is die strandhuis ideaal geleë. By die see en hoef nie te ry strand toe nie. By Wegkruip Stilbaai kan gesin werklik ontspan en kwaliteit tyd saam spandeer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Baie bly om te hoor julle het so lekker ontspan. Kom maak gerus weer 'n draai by ons.

Christina V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Des 2017

Gemoedsrus. Was heerlik! Die ligging was die grootste voordeel. Regtig stil en veilig.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
So bly julle het die kuier geniet. Dit is regtig kosbaar om so reg op die strand te kan wees. Ons hoop julle kom maak weer 'n draai.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Antha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R2 900
per nag, vir 12 mense
Vanaf
R2 900
per nag, vir 12 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Gordonstraat 18, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2de9270125f1ec2d26a3eb179eb15459ecea5e139211d3026bd55a366dc0ba961f6df141c984ec3cb4fb345199570737b3ad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900 per nag, vir 12 mense 13 5 1 5 18 Gordon Street Still Bay 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -34.371540072629 21.432277664032

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang