Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Welgedaan

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Newtonstraat 29, George-Suid, George, 6530, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 100 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Welgedaan is sentraal geleë in George en bied luukse verblyf vir 'n gesin of 'n groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die N2 en 'n verskeidenheid besienswaardighede.

Die huis het 3 slaapkamers en bied slaapplek vir 10 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Die tweede en derde kamer het 'n koninggrootte-bed. Hierdie beddens kan op versoek in 2 enkelbeddens opgemaak word. Die tweede badkamer het 'n stort, bad, toilet en wasbak en daar is 'n aparte gastetoilet.

Daar is ook 2 enkelslaapbanke en 'n dubbelslaapbank wat wat in die onthaal-area is. Daar is ook 'n kot.

Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die leefarea het gemaklike banke, 'n TV met volledige DStv en 'n eetarea met ruim sitplek. Daar is ook 'n binnebraai en kroeg. Gaste het toegang tot gratis WiFi.

Daar is lieflike braaigeriewe, 'n Jacuzzi, pizza-oond, 'n dubbeldeur yskas en vrieskas.

Die eiendom het 'n pragtige dek met 'n koi-dam, waterval, gasbraai, ontbytbraai en ysmasjien.
Daar is veiligheidshekke voor die dekke, tussen die leefareas en by die voordeur. Die huis het hoë mure, 'n elektriese hek, CCTV en 'n alarm gekoppel aan die ADT-sekuriteitstelsel. Die huis is in 'n baie stil straat geleë waar die buurtwag baie aktief is.

Die verblyf bied asemrowende uitsigte op die Outeniquaberge.

George is die middelpunt van die Tuinroete wat dit maklik maak om elke dag nuwe plekke te verken. Die naaste strand is slegs tien minute se ry as gaste wil afkoel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 3 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai
Warmbad

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Elizabeth Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 11

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Newtonstraat 29, George-Suid, George, 6530, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 5 100
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R 5 100
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Newtonstraat 29, George-Suid, George, 6530, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0p6PEtyMkukUbuHyTj5o9ie40dcqnLbvexMSE0ODmJa4WOSLus?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 100 per nag, vir 10 mense 29 Newton Street George South 6530 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.973646 22.4587049

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang