Weltevrede @ Bon Cap
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Carine Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 36
Op LekkeSlaap 9 jaar
Opsomming van Resensie
Guido P - Aug 2024
Algehele gradering
Blissful.
Samuel F - Apr 2024
Algehele gradering
Breathtaking.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Thank you for the great review - hope to have you back again.
Jurie S - Des 2023
Algehele gradering
Pragtige omgewing, heerlik rustig, naby alles, netjiese eenheid.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Dankie Jurie, ons sien uit na julle volgende kuier by ons.
Wilma F - Jan 2024
Algehele gradering
Baie mooi natuurskoon en rustigheid.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Dankie Wilma, hoop julle het veilig gereis deur ons mooi land.
Paul L - Mei 2023
Algehele gradering
Gerieflik, netjies, skoon en veilig.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Middag Paul, baie dankie vir die goeie terugvoer dit was heerlik om julle hier te kon ontvang. Hoop ons sien julle binnekort weer. Groete.
Coenraad M - Jan 2023
Algehele gradering
Was salig en rustig gewees!
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Baie dankie vir die mooi resensie. Ons waardeer dit baie. Beste wense vir 'n mooi jaar en ons hoop om julle iewers in die toekoms by ons terug te verwelkom.
Henry W - Jan 2023
Algehele gradering
Mooi natuurskoon.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Goeiemôre Henry, dankie vir die resensie. Dit was heerlik om julle by ons te kan verwelkom. Hoop ons sien julle weer binnekort. Mooi week vir julle.
Elizna T - Aug 2022
Algehele gradering
Pratige ligging!
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Goeie Elizna, baie dankie vir die terugvoering ons waardeer dit baie. Hoop om julle iewers in die toekoms weer by ons te kan verwelkom.
Willem O - Aug 2022
Algehele gradering
Heerlik rustig.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Dankie vir die resensie Willem, ons sien daarna uit om julle weer by ons te kan verwelkom vir 'n lekker kuier iewers in die toekoms. Hopelik volgende keer sommer met die hele familie.
Zikmann J - Sep 2022
Algehele gradering
Uiters teleurgesteld.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Goeiedag Annatjie
Ek is regtig jammer dat u nie tevrede was met die verblyf wat u bespreek het by ons nie. Let asseblief daarop dat toe u ingeboek het, ek aan u genoem het dat daar geen lopende water gaan wees gedurende beurtkrag nie. Alhoewel ons 'n werkende plaas is, probeer ons die gaste se verblyf so aangenaam as moontlik te maak, ten spyte van geen krag en water a.g.v beurtkrag.
As u my dadelik ingelig het, dat u nie met die eenheid tevrede was nie, kon ek u na 'n ander groter eenheid geskuif het.
Alhoewel u die 2 slaapplek selfsorg eenheid met 'n dubbelbed bespreek het, kon ek vir u 'n groter eenheid wat ingerig is vir meer gaste geskuif het teen dieselfde koste as die een wat u betaal en bespreek het.
Ek is egter jammer ook oor die bedmatjie, bedkassie en bedlamp wat ontbreek. Ons sal dit probeer reg stel.
Jammer vir enige ongerief.
Liza S - Apr 2021
Algehele gradering
Rustig.
Anton J - Jan 2021
Algehele gradering
Rus en vrede vir jou siel.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Goeiemore Anton
Baie dankie vir die mooi resensie. Ons is bly om te hoor dat jul, jul wegbreek by ons geniet het.
Ons hoop om julle weer in die toekoms by ons as gaste te kan verwelkom.
Mooi week vir julle.
Carine en Michelle
Jean L - Apr 2021
Algehele gradering
Beautiful and peaceful.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Good day Jean
Thank you for sharing your experience with us. So happy to hear that you've enjoyed your stay and that the kids enjoyed the farm.
We do hope that you will visit us again in the future.
Michelle and Bon Cap Team
Marinda V - Jan 2020
Algehele gradering
Rustige en gerieflike wegbreek, lekker sentraal geleë.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Baie dankie vir die mooi terugvoer, so bly julle het julle kuier by ons geniet. Ons hoop om julle in die toekoms weer te kan verwelkom vir 'n lekker wegbreek op die plaas.
Groete die Bon Cap span
Berlize V - Aug 2020
Algehele gradering
Voel soos huis met 'n pragtige ligging. Netjies en baie cozy. Diens was puik!
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Goeie Middag Berlize
Baie dankie vir die mooi kompliment. Ons hoop om julle binnekort weer by ons as gaste te verwelkom.
Mooi week vir julle.
Bon Cap Bestuur en Personeel
Gerhard S - Sep 2020
Algehele gradering
Lekker wegbreek in 'n pragtige omgewing.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Goeie middag Gerard, dankie vir die mooi resensie. Ons is bly om te hoor julle het die kuier by ons geniet. Hoop om julle weer in die toekoms by ons te kan verwelkom. Ons beplan so bietjie ekstra onderhoudswerk aan die eenheid. Mooi geseende week vir jou. Vriendeliek groete, Carine en Michelle.
Carina F - Des 2020
Algehele gradering
Pragtige uitsig, maar afgeleë.
Philip N - Feb 2020
Algehele gradering
Op hul aanbeveling is ons na 'n ander eenheid opgradeer, maar was bitter teleurgesteld met die kombuis wat nie die basiese behoeftes gehad het nie. Die stoof het ook nie gewerk nie. Die badkamer was uiters klein en onprakties uitgelê.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Goeiemore
Baie dankie dat u die probleme in die akkommodasie reeds tydens u verblyf onder ons aandag gebring het.
Ons handy man het reeds aandag daaraan geskenk.
Ons hoop egter julle het jul verblyf in ons mooi, rustige omgewing met die pragtige uitsig geniet.
Carol Burger B - Jan 2019
Algehele gradering
Ongelooflik baie moeite gedoen vir ons.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Beste Carol,
Baie dankie vir die mooi resensie. Dit was so lekker om julle hier by ons te ontvang.
Ons hoop julle kom binnekort weer vir ons kuier. Sterkte met die kinders se Drostdy-dae.
Groete,
Michelle en Carine
Tania S - Mrt 2019
Algehele gradering
Rustige naweek verblyf.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Baie dankie vir die positiewe terugvoer, kom kuier gerus weer vir ons. Ons stel voor dat julle dalk Sauvignon Blanc volgende keer probeer - dit is 'n lekker ruim plaashuis.
Janine N - Nov 2018
Algehele gradering
Beautiful, neat and peaceful.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Pragtig, netjies en rustig.
So 'n pragtige vreedsame plek op 'n pragtige plaas. Die akkommodasie was netjies en skoon en gemaklik. Naby alle geriewe. Sal beslis aanbeveel.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Dear Janine,
Thank you for the great review and positive feedback. This is much appreciated, we would love to have you back at Bon Cap in the near future. Wishing you all of the best for the silly season ahead and look forward to your return visit.
Kindest regards,
The Bon Cap team
Marius R - Okt 2017
Algehele gradering
Sal beslis weer kom, lekker stil en rustig.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Goeie dag Marius
Baie dankie vir die positiewe terugvoering. Ongelukkig was die en-suite eenheid, die enigste wat beskikbaar was vir daardie spesifieke datum.
Bring sommer volgende keer baie vriende en familie saam.
Ons hoop ons sien julle binnekort weer.
Anne-marie H - Sep 2017
Algehele gradering
Heerlike verblyf en gasvryheid was wonderlik!
Belinda N - Mei 2016
Algehele gradering
Ongelooflik!
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Hallo Belinda
Ons is so bly dat julle,julle verblyf hier by ons so geniet het. Ja, ek moet sê, daar is niks so lekker soos die rustige plaas lewe, om van 'n ou vuurtjie nou nie eens te praat nie.
Maak gerus weer so.
Groete
Carine en Michelle
Lidia E - Des 2016
Algehele gradering
Natuurskoon en hartlikheid van eienaars.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Goeie More Lidia
Baie dankie vir al die mooi, positiewe komplimente. Ons is werklik bly dat julle so lekker kon ontspan, en dit so geniet het.
Voorspoed vir 2017. Hoop ons sien julle gou weer.
Schalk B - Des 2016
Algehele gradering
Baie lekker! Kaasbord was amazing! Enigste doring in die vlees was baie vlieë. 'n Blikkie Doom in die kas om die duiwels uit te dryf sal goed wees.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Baie dankie vir julle baie mooi compliment. Kom kuier gerus weer. Iemand het seker julle blik gif vewyder, ons het dit reeds vervang.
Sien daarna uit om julle weer by ons as gaste te ontvang.
Carin V - Apr 2016
Algehele gradering
Plaasgevoel.
Rita R - Apr 2016
Algehele gradering
Die foto is prentjiemooi.
Weltevrede @ Bon Cap se terugvoer
Goeie middag, ons is jammer om te hoor dat u gesukkel het met die aflaai van u bagasie van die geallokeerde parkeer plek tot by u kamers. Ek vra om verskoning vir die ongerief wat u moes verduur, ons sou meer as bereid gewees het om u te help om u tas oor die grasperk na u en-suite kamer te dra. Baie dankie vir die terugvoer ons waardeer dit en vra tog om verskoning vir die ongerief wat u moes verduur. Vriendelike groete Michelle en die Bon Cap span
- Kapasiteit: 36 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Weltevrede-plaas, Eilandia, Robertson, 6705, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang