Weltevreden Country Guest Lodge
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die N11, Tomburke, 0621, Limpopo
- Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Weltevreden Country Guest Lodge is in Tom Burke op Weltevreden Plaas sowat 9 km vanaf die Martin's Drift- en Groblersbrug Grenspos na Botswana. Dié lodge is ideaal vir sake- en vakansiereisigers wat op soek is na oornagverblyf of vir gaste wat troues in die omgewing bywoon. Gaste kan ook net 'n lekker stil wegbreek weg van die stadsgeraas hier geniet.
Ons het 3 grasdak-chalets met lugversorging, yskassies en en suite-badkamers. Elke chalet het slaapplek vir 2 mense en 'n ekstra bed of 'n babebadjie is beskikbaar op versoek. Ontbyt en ander etes word in die eetkamer voorgesit. Dit moet voor 15:00 die vorige dag gereël word en dit is betaalbaar by die lodge.
Die gastehuis het 2 slaapkamers met slaapplek vir 2 gaste elk en daar is 'n ruim solderkamer met slaapplek vir nog 4 gaste. Die gastehuis het 'n sitkamer met 'n TV, 'n eetkamer, 2 badkamers, en 'n kombuis wat ten volle toegerus is. Al ons gaste het ook toegang tot ongekunstelde braaigeriewe. Hout, eetgerei en breekware is beskikbaar teen ekstra kostes. Al die kamers word daagliks skoongemaak.
Kyk gerus na ons pragtige meubels en versamelstukke Daar is ook items wat te koop is, sulke items is gemerk en het pryse op. Daar is ook 'n naaldwerkwinkel op die perseel vir besoekers wat pragtige plaaslike of oorsese wol, materiaal en borduurgare wil aanskaf.
Wildritte kan gereël word by 'n ander lodge sowat 20 km ver.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Petra Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Langs die N11, Tomburke, 0621, Limpopo
- Gaste dink Weltevreden Country Guest Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die N11, Tomburke, 0621, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang