Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Welverdiend Selfsorg Akkommodasie

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Annemie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 7 jaar

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 35 resensies vir Welverdiend Selfsorg Akkommodasie
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5
Nollie P - Sep 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nollie P

Stil en rustige omgewing en mooi uitsigte.

Skoon netjiese plek, veilige, vriendelike en behulpsame gasvrou, en lekker gekuier.

Gerrie G - Aug 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerrie G

Uiters goeie waarde vir geld, skoon en veilig met uitstaande beddegoed.

Wynplaas atmosfeer op sy beste, kompleet met 'n groot waterkanaal. Klonte skoon en netjies. Moderne dekor. Beste matraslakens en duvet wat ons ooit op geslaap het. Baie dankie vir jou moeite en verblyf in 'n klein paleis!

Welverdiend Selfsorg Akkommodasie se terugvoer

Baie dankie, julle is enige tyd weer welkom.

Welverdiend Selfsorg Akkommodasie
Hanlie H - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hanlie H

Heerlike bederf!

Lieflike beddegoed, ruim stort, heerlike stoep met uitsig, baie aangename gasvrou en bederf met wyn, vrugte, beskuit en vele meer!

Adri E - Sep 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Adri E

Rustig en stil omgewing. 'n Baie netjiese plekkie met al die nodige geriewe.

Ja, ons het ons kuiertjie baie geniet.

Koos S - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Koos S

Goeie, bekostigbare oornagplek. Beveel dit aan.

Netjies en skoon en ons is vriendelik ontvang. Ons het lekker gebly.

Manie S - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Manie S

Was baie aangenaam gewees.

Was vriendelik ontvang en Frans en Annemie het uit hulle pad gegaan om ons tuis te laat voel. Die plaas atmosfeer het my weer laat terug dink aan my kinderdae op die plaas.

Melinda W - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Melinda W

Salige stilte en uitsonderlik netjies.

Heerlik gekuier. Gasvrou Annemie was uiters vriendelik en maklik per WhatsApp beskikbaar. Verblyf is super netjies, beddegoed kraakvars en die huisie is esteties besonders mooi van binne. Die pragtige tuin, grasperk voor en heerlike kuier-stoep maak vir 'n vakansiegevoel. Ons is verwelkom met 'n bottel wyn, tuisgebakte beskuit en tjoklits op al die beddens! Wi-fi ook aan tydens loadshedding waaroor my tieners baie opgewonde was. Werkspasie in kombuis is beperk, maar sal nie maak dat ek nie weer kom kuier nie! Dankie vir 'n lekker kuier.

Anonieme gas - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anonieme gas
Eppie M - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Eppie M

Was baie aangenaam gewees! Ons gasvrou was vriendelik en die eenheid onverbeterlik netjies en skoon.

Hierdie jaar was die blommerykdom werklik iets om te beleef en kan opgesom word as iets besonders. Foto's en baie woorde kan dit nie beskryf nie, dit moet beleef word! Ons verblyf was fantasties gewees.

Gerhard R - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerhard R

Rustige, veilige en netjiese gastehuis.

Welverdiend Selfsorg Akkommodasie beskik oor alle geriewe vir 'n gemaklike en veilige verblyf geleë op 'n plaas in 'n pragtige en veilige omgewing. Ons verblyf was aangenaam en sal beslis weer daar oornag wanneer ons in daardie rigting reis.

Abrie P - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Abrie P

Baie netjies, sentraal geleë, mooi uitsig.

Verblyf was baie lekker, naby N7. Woonstel is netjies, ruim en goed toegerus, baie mooi uitsig oor berge en wingerd.

Petro S - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Petro S

Heerlike goed toegeruste plek, baie netjies en skoon.

Baie vriendelike eienaars wat ons so tuis laat voel het en boonop bederf het met vrugte en wyn. Pragtige omgewing, sal graag weer daar wil kuier. Dankie Annemie dat jy ons so welkom laat voel het! Blomme-wegbreek met 'n heerlike plaaskuier.

Dana K - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Dana K

Eerste indruk is dat spasie 'n probleem is maar as jy uitgepak het, is alles in plek. Netheid is uitsonderlik en alles kry 'n plekkie.

Annemie en Frans is werklik uitsonderlike gashere. Alles wat mens nodig het om iets te ete te maak is daar en die nagstilte en sterre is wonderlik en die omgewing met wingerde is pragtig. Net reg vir lekker onspan.

Edwin S - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Edwin S

Het heerlik gebly met ons 10 maande ou baba. Was net wat ons nodig gehad het.

Dit is perfek vir 'n oorslaapplekkie. Mooi plaas en baie rustig.

Marietha V - Sep 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marietha V

Fantasties.

Dis vreeslik mooi daar. Die akkommodadie is baie netjies en modern. Baie vriendelike mense. Sal dit beslis aanbeveel. Ons het baie lekker gebly.

Willem L - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Willem L

Fantastiese tyd gehad.

Vriendelike mense. Baie mooi ligging. Netjies en skoon. Goed toegerus. Relatief sentraal vir blomme na die noorde en die suide.

Rhona G - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rhona G

Was heerlik, rustig en baie mooi.

Baie mooi, skoon en gasvry. Sal beslis weer daar oorbly.

Yolande O - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yolande O

Heerlik, rustig!

Ons het gerieflik in 'n skoon eenheid gebly en daar was alles wat ons nodig gehad het. Sal vir seker weer kom.

Paul P - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Paul P

Pragtig geleë.

Vriendelik ontvang en gasvrou baie behulpsaam oor waar om blomme te gaan kyk en plekke om te gaan uiteet.

Candice S - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Candice S

Tranquil stay on a farm.

Very peaceful, has everything you need for self catering. Beautiful view of the grape vines.

Reg B - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Reg B

Mooi omgewing.

Ons het baie lekker op die stoep gekuier.

Anel H - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Anel H

Heerlik gekuier.

Heerlike landelike verblyf tussen plase - ons vyf vriendinne het heerlik gekuier op die eerste been van ons blomtrip!

Michiel D - Okt 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Michiel D

Peace and quiet.

Spacious and super clean accommodation. Well equipped kitchen and good BBQ facility. Peaceful and quiet, sitting on the stoep with a lovely view over the vineyards and mountains. Go for a long walk on the farm. Perfect location for day trips to Doringbaai/Strandfontein or Vanrhynsdorp/Nieuwoudtville. Or just go wine tasting in Klawer, Vredendal and Lutzville. Highly recommended, don't miss out on this one!

Elmarie K - Sep 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Elmarie K

Stil en rustig op die plaas.

Baie gerieflik geleë en gemaklike selfsorgverblyf. Interessant om na al die bedrywighede op die plaas te kyk.

Hannie B - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hannie B

Rustige verblyf op 'n plaas wat goed geleë is naby Klawer.

Ons het baie lekker gebly. Die verblyf het baie spasie en 'n mens voel nie vasgedruk nie. Dit is ook baie sentraal geleë. Ons kon maklik gaan wynproe op Klawer, Doringbaai en Lambertsbaai toe ry en blomme kyk by Vanrhynsdorp.

Pine P - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pine P

Heerlike rustige plaas atmosfeer!

Lieflike uitsig op berge en absolute stilte. So netjies en alles wat mens nodig het vir 'n wegbreek.

Pieter P - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pieter P

Uitstekende diens en pragtige omgewing.

Ons het ons tyd by Welverdiend baie geniet en kan hulle beslis aanbeveel.

Misseline G - Nov 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Misseline G

Lanklaas soveel saligheid in my siel beleef.

Die ontvangs en behulpsaamheid van die gasvrou was wonderlik. Netjies, skoon en ruim eenheid. Die oggend atmosfeer het wondere aan my siel gedoen. Sal graag weer daar wil oornag, net langer.

Henry M - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Henry M

Lekker rustig en net wat ons nodig gehad het.

Ons sal Welverdiend sonder enige twyfel kan aanbeveel. Net een woord: welverdiend. Baie dankie vir vriendelike diens en lekker bly. Alles mooi, netjies en rustige atmosfeer.

Helena M - Mrt 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Helena M

Was baie lekker en rustig.

Baie lekker gebly by Welverdiend Selfsorg. As die geleentheid hom voordoen sal ons weer so maak.

Martinus P - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Martinus P

Gerieflik, baie netjies en vriendelike ontvangs.

Het heerlik warm geslaap in baie gemaklike en skoon beddens. Goed toegeruste kombuis. Baie mooi uitsig. Veilige parkering. Sal enige tyd weer daar tuisgaan as ons in die omgewing is.

Annari S - Apr 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Annari S

Basies, maar als wat mens benodig. Was heerlik stil.

Dit het gevoel of ons by my ouma se huis was. Die beddegoed was hemels. Al wat ek sou verander is om 'n dubbelbed in te sit, eerder as 2 enkelbeddens, maar dis al. Dit was stil en rustig, wat ons wou hê.

Tanya O - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Tanya O

Onverwagte kostes na bespreking het onsmaaklik gemaak.

Groot gemaklike huis. Kombuis is volledig toegerus. Gemaklike groot kamers en netjies toegerus. Groot stoep vir braai en vermaak met baie mooi uitsig oor die plaas en berge.

Welverdiend Selfsorg Akkommodasie se terugvoer

Ek is bly die huis en omgewing was vir jul mooi en gerieflik. Omtrent die onverwagte kostes waarna u verwys, daar was op die kwotasie en die bevestiging genoem dat 'n skoonmaakfooi van R150.00 van toepassing is op besprekings van slegs een nag. Dit was dus nie verskuilde kostes nie.

Welverdiend Selfsorg Akkommodasie
Bothma B - Sep 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Bothma B

Goed versorg, netjies.

Min kontak en info oor die omgewing.

Lucia R - Aug 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
2/5
Ligging
1/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Lucia R

Gemaklik maar ek het dit nie geniet nie.

Verwysings hoe om daar uit te kom is power. Die naam bordjie van die N7 is so groot soos 'n gewone straat naam plaatjie, en dan wanneer mens op die plaas kom is daar 'n netwerk van kanale en grond paadjies sonder enige aanwysing watter een om te neem. Ek het gereeld verlore geraak en dan omdat die paadjies so nou is moet 'n mens maar verder ry totdat jy kan omdraai. Dit was 'n algehele teleurstelling. Die ligging is 'n rommelrige agterplaas. Van minder belang, geen toaster of broodmes nie.

Vanaf R900
R900 R810
per nag (plek vir 2)
Vanaf R900
R900 R810
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Welverdiend Plaas, Langs die N7, Trawal, 8147, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk3MDdiZThiLTM5ZjktNGI2NC05NThiLTQwMGI0ZGNlZWYxNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R900 nouVanaf R810 per nag (plek vir 2) 35 5 1 5 Welverdiend Farm Off the N7 8147 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -31.877444397916 18.633299804205

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang