Wer-Lie-Hei
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marinerylaan 139, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Vanaf R4 250 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Wer-Lie-Hei is 'n ruim selfsorgvakansiehuis met 'n see-uitsig in Struisbaai. Dit is net 'n entjie vanaf die hoofstrand geleë en ideaal vir 'n groot gesin of 'n groep vriende.
Die huis bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 'n hoofhuis en 'n woonstel. Die hoofhuis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers en die woonstel beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die eerste 3 slaapkamers in die hoofhuis het dubbelbeddens en dié gaste deel 2 badkamers met storte. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die woonstel het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die hoofhuis het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, yskas-vrieskas, kisvrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n eiland met stoele toegerus is. Die woonstel het 'n kombuisie wat met 'n mikrogolfoond, broodrooster, ketel en 'n yskas-vrieskas toegerus is. Die hoofhuis se leefarea bied genoeg sitplek vir eet en ontspan, 'n binnebraai en 'n slim-TV met stroomdienste. Gratis WiFi is oral op die perseel beskikbaar.
Buite is daar 'n ingeboude braai en parkeerplek op die perseel. Die huis het 'n omsetterstelsel en word nie deur kragonderbrekings geraak nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Stefan Geverifieer
Eiendomme 39
Resensies 140
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Marinerylaan 139, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Agulhas Struisbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marinerylaan 139, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang