Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Weskus Bokkompie

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterkant-straat 8, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 626 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Weskus Bokkompie is 'n bekoorlike selfsorg-vakansiehuis in Velddrif wat perfek bo die bekende Bokkomlaan geleë is. Hierdie area bied 'n lewendige atmosfeer vir kuier en visvang gedurende naweke en vakansies.

Dié huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed, bedkassies, lampe en 'n spieëltafel. Die eerste badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak, terwyl die tweede badlkamer 'n bad, toilet en 'n wasbak het. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Die oopplan-leefarea beskik oor 'n gemaklike sitarea met 'n slim-TV, WiFi, 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n binnebraai.

Die huis lei na 'n onderdakstoep met sitplek, 'n ingeboude braai en 'n houtvuurswembad. Verder is daar 'n veranda wat om die huis strek, geplaveide paadjies en 'n groot tuin met 'n hangstoel. Die verblyf bied genoeg ruimte vir voertuie, 'n boot en parkeerplek vir 'n sleepwa. Troeteldiere is welkom. Alle vensters het hortjies en die hoofdeure het Trellidoors vir ekstra sekuriteit en om vars lug deur te laat.

'n Privaat hek bied direkte toegang tot die water, perfek vir visvang, staproetes langs die rivier of om die area te verken. Winkels, restaurante en vars bokkoms van plaaslike vissermanne is stapafstand vanaf hierdie huis.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig

Ligging

  • Waterkant-straat 8, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Velddrif Weskus Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 3 626
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 3 626
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterkant-straat 8, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA092718b8587d86d3d3789f6ba311bc0e245815eb3a11025af42cdea3004e9617a9882ef9890255b2c4f3e30fbccc34f21f6b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 626 per nag (plek vir 6) 8 Waterkant Street Velddrif 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.787699809261 18.185307022985

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang