Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Weskus Grotjie

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokfontein Plaas, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Weskus Grotjie skuil in 'n rotsblok op die plaas Steenbokfontein net 8 km buite die rustige dorpie Lambertsbaai. Dit is ideaal vir 'n paartjie wat smag na 'n stil, salige wegbreek.

Die oopplan-eenheid het 'n slaaparea, kombuisie, etenstafeltjie en 'n en suite-badkamer. Die slaaparea het 'n unieke koningingrootte-bed wat aan mekaar geslaan is uit die hout van die Sybille, 'n kanonneerboot wat in 1901 op die kus uitgespoel het. Die badkamer het lieflike uitsigte oor die plaas en die oseaan in die verte. Die badkamer het 'n groot bad en 'n stort wat uit die rots gesny is. Al die nodige linne, badhanddoeke en Rooibos-seep word voorsien.

Die kombuisie is toegerus met 'n tweeplaatstofie, oondjie, yskas, ketel, breekware en eetgerei. En die veranda het 'n buitetafel met bankies en 'n braaidrom op wiele, asook 'n uitsig oor die plaas en die see in die verte. Onthou asb. om genoeg hout en kruideniersware saam te bring, die naaste dorp is 8 km van hier af.

Let asb. daarop dat dit 'n wegbreek is van die stadsgejaag met 'n unieke uitsig oor die see. Die gedruis van die branders, voëls, mak skape en vars lug omring jou. Ons het nie 'n TV in dié eenheid nie en is dus ideaal vir ontspan en om tyd saam met jou geliefde te spandeer.

Die plaas het unieke geskiedkundige grotte. Stap gerus op die plaas en ontdek die pragtige plante en diere.

Ons vra gaste om asb. water en elektrisiteit spaarsaam te gebruik aangesien ons die plaas omgewingsvriendelik wil hou. Ons vra ook dat gaste nie rommel sal strooi op die plaas of in die natuur nie. Hanteer asb. die meubels en beddegoed met respek. Moet asb. nie die kerse op die rotse plaas nie, maar plaas dit in die lanterns.

Weskus Grotjie streef om die natuurskoon, sterre en plaaslewe te handhaaf en gaste word aangemoedig om die natuur en plaaslewe se ongereptheid te bewaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 144 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Chantelle B
Saam met lewensmaat
5.0
Ontspan & reflekteer op sy beste! Dit was ons tweede keer by die Weskus Grotjie en net soos die eerste keer was dit asemrowend. Die stilte en die natu...
Sien meer
Des 2024
Marcelle H
Saam met lewensmaat
5.0
Natuur, asemrowend, privaat - 'n moet besoek! As jy rus vir jou siel soek en om asem te skep, is die Weskus Grotjie net die plek vir jou! Ons het dit ...
Sien meer
Jun 2024
Nicolette S
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome. Absolutely awesome for a romantic getaway. The beautiful weather was a blessing. The view is amazing. The entire experience is...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Laetitia C
Saam met lewensmaat
5.0
Hemel op aarde! Mees besonderse juweel plek vir daardie absolute sielsrus! Dit was die mees besonderse plekkie, so in die middel van die natuur voel m...
Sien meer
Mei 2024
Daniel O
Saam met lewensmaat
5.0
Unieke ervaring van grot huisie met pragtige uitsig. Heerlik ontspan! Ons het baie heerlik gekuier. Die grotjie was 'n uitsonderlike ervaring. Ons kan...
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Albert Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 390

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Steenbokfontein Plaas, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Weskus Grotjie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokfontein Plaas, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA5MWJhZjVhLTI4NWUtNDk3Ni05YmM5LTQ4NzE5NTU5YmIzMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2) 144 5 1 5 Steenbokfontein Farm Lamberts Bay 8130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.166640162144 18.331601618774

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang