Weskus Hokkie
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Steenbokfontein Plaas, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
- Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Die Weskus Hokkie is op die plaas Steenbokfontein geleë, 8 km buite Lambertsbaai. Dis ideaal vir mense wat lief is vir die natuur en buitelewe en die wat net in die natuur wil ontspan. Vir branderplankryers is dit die beste plek, aangesien ons net 2 km van die see af is.
Die huisie beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed. Die kombuis is oopplan en toegerus met eetgerei, ketel, gasstoof, yskas en breekware. Die badkamer is buite en is sonder 'n dak gebou sodat jy na die sterre kan kyk. Die badkamer is tussen twee rotsformasies gebou en bied 'n stort en 'n bad.
Bring asseblief jou eie vuurmaakhout. Indien 'n paartjie by Weskus Hokkie bespreek, moet hulle in ag neem dat daar nie plek vir kinders is nie aangesien ons slegs slaapplek vir 2 mense het.
Parkeerplek is omtrent 30 m van die huis af beskikbaar en lei na die huis met 'n voetpaadjie. Gaste kan ook die grotte en boesmantekeninge op die plaas besigtig en daar is 'n doolhof waarin gaste kan stap.
Ons vra gaste om die water en elektrisiteit met respek vir die natuur en die plaas te gebruik. Ons vra ook dat gaste nie rommel strooi op die plaas of in die natuur nie. Gebruik ook asb. die meubels en die beddegoed sorgsaam. Daar is lanterns vir die kerse in die eenheid, gebruik dit asb. Moet asb. nie die kerse op die klippe plaas nie.
Ons probeer om die atmosfeer van die natuur en die sterrehemel te behou. Kyk asb. mooi na die natuur met liefde en respek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Albert Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 388
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Steenbokfontein Plaas, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
- Gaste dink Weskus Hokkie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Lambertsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Steenbokfontein Plaas, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang