Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Weskushuis

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Keerom 8, Hoek van F du Bois, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Weskushuis is in die Weskusdorpie Jacobsbaai geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin wat op soek is na 'n rustige wegbreekplek in 'n stil vissersdorpie.

Hierdie selfsorgwoonstelle is volledig toegerus met alles wat jy nodig het om 'n ontspanne vakansie in 'n luukse omgewing te verseker, net 'n paar minute se stap van die see af.

Weskushuis bestaan uit 4 volledig gemeubileerde selfsorgwoonstelle elk met 'n privaat ingang, en 'n patio met braaigeriewe, 'n goed toegeruste kombuis met mikrogolfoond, Cadac-gasstoof, tee- en koffiemaakgeriewe, kwaliteit linne, handdoeke, en 'n slim-TV om DStv en Netflix te stroom.

Jacobsbaai is 'n klein, prentjiemooi dorpie aan die Weskus met meestal grondpaaie en bekoorlike Weskus-styl kothuise. Dit is naby Vredenburg, Saldanha, Veldrift, Paternoster, Langebaan, Club Mykonos en Weskus Nasionale Park.

Die interessante kuslyn bied skiereilande, rotsagtige en sanderige baaie, fynbos en voëllewe. Jacobsbaai bied aan die besoekers geleenthede om vis te vang, te duik, te seil, te gaan kanovaart gaan vir lang skilderagtige staptogte of net op die rotse te ontspan met skemerkelkies.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 215 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Jackie S
Saam met vriende
5.0
Great accommodation. Clean and convenient. Stay was great and everything about the house was wonderful except I would encourage you to ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Annerene P
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik. Baie lekker gekuier net wat ons nodig gehad het, in 'n naweek weg. Huisie lekker gemaklik, lekker braaiplek.
Jun 2024
Louise H
Gesin met klein kinders
5.0
Wonderful family getaway. The unit we stayed in was well equipped and had a true beach house feeling with a friendly and helpful host.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Dannel C
Saam met lewensmaat
5.0
Rus vir die siel! Gemaklik en skoon. Ons het weskushuis geboek, maar ongelukkig het die eienaar laat weet dat daar iets voorval het, en sy het dadelik...
Sien meer
Apr 2024
Leoni M
Gesin met tieners
5.0
Baie gerieflik, rustig, gemaklik geleë, netjies en goed toegerus. Ons het vreeslik lekker gebly. Die plek was bo ons verwagting. Die gasvrou is uitste...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Gerda-Mare Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 215

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Keerom 8, Hoek van F du Bois, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Gaste dink Weskushuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 28 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Keerom 8, Hoek van F du Bois, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9b18b0f6778796647123ba3c315eda15215ece474b1751d428fd9a91b26c758abe96645412ca9ebf8a4a5ad56e4e98bc8f5f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 215 5 1 5 Keerom 8 House Number 1, Corner of F du Bois 7380 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -32.972064800145 17.888689935207

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang