Weskushuis
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 28 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Keerom 8, Hoek van F du Bois, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Weskushuis is in die Weskus-dorpie Jacobsbaai geleë en bied gehalte-verblyf vir 'n gesin wat op soek is na 'n stil en rustige wegbreek in 'n stil vissersdorpie.
Dié selfsorgwoonstelle is volledig toegerus met alles wat jy benodig vir 'n ontspanne vakansie in 'n luukse opset, slegs 'n paar minute se stap vanaf die see.
Ons bied 4 volledig toegeruste selfsorgwoonstelle, elkeen met 'n privaat ingang, 'n stoep met braaigeriewe. Die kombuis het 'n mikrogolfoond, Cadac-gasstoof, koffie- en teemaakgeriewe, gehalte linne en handdoeke. Daar is ook 'n slim-TV om DStv en Netflix te stroom.
Jacobsbaai is 'n klein, prentjiemooi dorpie aan die Weskus met grotendeels grondpaaie en bekoorlike Weskus-kothuise. Die dorp is na aan Vredenburg, Saldanha, Velddrif, Paternoster, Langebaan, Club Mykonos en die Weskus Nasionale Park.
Die interessante kuslyn bied skiereilande, rots- en sandstrande, fynbos en verskeie voëlspesies. Hier kan jy ook visvang, duik, seil, kano en vir lang, skilderagtige wandelinge langs op die strand gaan. Of sit net en ontspan met 'n skemerkelkie in die hand.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Gerda-Mare Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 225
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Keerom 8, Hoek van F du Bois, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
- Gaste dink Weskushuis het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 28 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Keerom 8, Hoek van F du Bois, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap