Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

West Coast Villa

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7de Draai 3, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Vanaf R7 000 R6 300 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

West Coast Villa is 'n gesinsvriendelike strandhuis in die skilderagtige Weskusdorpie Jacobsbaai. Dit bederf met ononderbroke see-uitsigte en die strelende geluid van branders wat teen die oewer neerstort, wat dit die ideale ontsnapping maak uit die gewoel van die stadslewe.

Dié villa kan tot 8 volwassenes en 8 kinders op 'n slag akkommodeer, want dit beskik oor 6 slaapkamers, 3 badkamers asook 2 gastetoilette. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is nog 3 slaapkamers wat ook 'n koninggrootte-bed bevat; slegs 1 van hierdie kamers het egter 'n en suite-badkamer wat met 'n stort toegerus is. Die oorblywende 2 slaapkamers het elk 2 stapelbeddens vir kinders en deel die derde badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die helder en lugtige oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n Aga-stoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook 'n koffiemasjien. Van die kombuis af lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met Netflix. Komplimentêre WiFi is oral in die huis beskikbaar.

Boonop het hierdie huis 'n vermaakkamer met gemaklike sitplek, 'n tweede TV, 'n tafelvoetbaltafel en 'n tafeltennistafel wat 'n wonderlike plek is om die kinders te vermaak. Die hoofleefarea beskik ook oor 'n binnebraai wat ideaal is vir die winter. Buite is 'n uitgestrekte voortuin met kussings, oorgenoeg buitesitplek, braaigeriewe en 'n uitnodigende borrelbad wat die perfekte plek is vir almal om ten volle te ontspan terwyl hulle die see-uitsigte bewonder.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 6 Aantal badkamers: 5
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 4 mense
2 xKinderstapelbed
Slaapkamer 6
Plek vir 4 mense
2 xKinderstapelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 4
Stort, Toilet
Badkamer 3

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 4

Toilet
Badkamer 5

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Jacuzzi
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Verekombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir West Coast Villa
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Rochel Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 6

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 7de Draai 3, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Gaste dink West Coast Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R7 000
R7 000 R6 300
per nag (plek vir 8)
Vanaf R7 000
R7 000 R6 300
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7de Draai 3, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA47956f83800d0f50fe8a4273de860aef5cb2be4027e0213317d99daad9d43180e3a20f0f6d9e0b104b73fa02437541a7077b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R7 000 nouVanaf R6 300 per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 3 7th Turn Jacobs Bay 7380 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.971389404831 17.887322364418

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang