Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

West Coast Villa

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7de Draai 3, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Vanaf R7 000 R6 300 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

West Coast Villa is 'n gesinsvriendelike strandhuis in die skilderagtige Weskusdorpie, Jacobsbaai. Dit spog met 'n ononderbroke see-uitsig en die gedruis van die branders in die agtergrond, wat dit die ideale wegbreek buite die stad maak.

Die villa bied slaapplek aan 8 volwassenes en 8 kinders en beskik oor 6 slaapkamers, 3 badkamers en 2 gastetoilette. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is nog 3 slaapkamers met koninggrootte-beddens, maar net 1 van hierdie slaapkamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 slaapkamers het elk 2 stapelbeddens vir kinders en dié gaste deel die derde badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die helder en lugtige oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n Aga-stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware en 'n koffiemasjien toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met Netflix. Gratis WiFi is oral in die huis beskikbaar.

Die huis het ook 'n kuierarea met gemaklike sitplek, 'n tweede TV, 'n foosball-tafel en 'n tafeltennistafel. Die hoofleefarea het ook 'n binnebraai. Buite is daar 'n groot voortuin met groot kussings om op te lê, genoeg sitplek, braaigeriewe, 'n wambad en 'n uitsig oor die see.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 6 Aantal badkamers: 5
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 4 mense
2 xKinderstapelbed
Slaapkamer 6
Plek vir 4 mense
2 xKinderstapelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 4
Stort, Toilet
Badkamer 3

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 4

Toilet
Badkamer 5

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Jacuzzi
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Verekombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir West Coast Villa
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Rochel Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 6

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 7de Draai 3, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Gaste dink West Coast Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R7 000
R7 000 R6 300
per nag (plek vir 8)
Vanaf R7 000
R7 000 R6 300
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7de Draai 3, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA47956f83800d0f50fe8a4273de860aef5cb2be4027e0213317d99daad9d43180e3a20f0f6d9e0b104b73fa02437541a7077b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R7 000 nouVanaf R6 300 per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 3 7th Turn Jacobs Bay 7380 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.971389404831 17.887322364418

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang