Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Westbury House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wesbury-weg 3, Rondebosch, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
  • Vanaf R620 per nag, vir 1 mens

Beskrywing

Westbury House is deel van ’n ou, statige Victoriaanse huis wat sentraal geleë is in die ekslusiewe area Silwood in Rondebosch. Dié elegante huis is in ’n stil cul-de-sac en bied ’n uitsig op die agterkant van Tafelberg en Duiwelspiek aan die een kant en oor die veld aan die ander kant. Die gastehuis is al 20 jaar aan die gang.

Die verblyf is ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers. Kinders is ook welkom en bababedjies is beskikbaar op versoek. Elke suite verskil in grootte en beskik oor ’n en suite-badkamer, ’n TV, ’n privaat kombuisie, elektriese verwarmer, waaier en ’n haardroër.

Die gastehuis bied aparte ingange, veilige parkeerplek op die perseel en gratis WiFi. ’n Kontinentale, gesonde ontbyt kan ook verskaf word teen ekstra kostes. Tee en koffie is heeldag beskikbaar en daar is 'n wasgoeddiens teen ekstra koste.

Westbury House is lekker naby die Rondebosch Treinstasie, die Universiteit van Kaapstad, Nuweland Rugby Stadion en Krieketveld, Bishops Doicesan Kollege, Rondebosch- en Rustenburg-skool, die Silwoond Sentrum, Rondebosch se Hoofstraat met sy supermarkte, winkels, apteek, banke, restaurante, wegneem-eetplekke, poskantoor, Belmont Park en Rooikruis Kinderhospitaal. Daar is ook verskeie besienswaardighede in die omliggende area soos die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuine, strande, gholfbane en Cavendish Square Winkelsentrum.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 77 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Michaela W
Besigheidsreis
5.0
Excellent place to stay. My stay was really pleasant. I would definitely stay here again for my future business travels. Charlie was al...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Rensche S
Besigheidsreis
5.0
Homely, safe, well appointed. I was very happy with all the amenities. Although the size of the room was perfect for what I needed, I w...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Jeanelle L
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly, 'n oase na die 'besigheid' van die stad. Pragtige huis en omgewing. Netjiese eenheid. Baie gasvry ontvang. Parkering beskikbaar bin...
Sien meer
Nov 2024
Alida B
5.0
Home away from home. Ons was 3 persone wat onlangs by Westbury House gebly het, wat 'n wonderlike ervaring was. Die verblyf was baie gemaklik en goed ...
Sien meer
Okt 2024
Ann V
5.0
Ons het lekker gebly. Die plek was netjies en goed toegerus. Die plek is goed geleë.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

John Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 77

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Wesbury-weg 3, Rondebosch, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
  • Gaste dink Westbury House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 620
per nag, vir 1 mens
Vanaf
Vanaf R 620
per nag, vir 1 mens
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wesbury-weg 3, Rondebosch, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE4ZjNmMWZjLWU3ZjEtNGFmNi05NjVlLTI5ZTRlNGY3OGJlNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R620 per nag, vir 1 mens 77 5 1 5 3 Westbury Road Rondebosch 7700 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.961927 18.480876

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang