Whale Cove A104
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cliffstraat 95, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Whale Cove A104 is 'n luukse woonstel op die strandfront in De Kelders, Gansbaai.
Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n sitarea, eetkamer en 'n kombuis wat ten volle toegerus is. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n see-uitsig. Die patio-deur bied toegang tot die woonstel se privaat balkon. Die ander 2 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n bad. Daar is ook 'n gastetoilet. Perkallinne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas, vrieskas, skottelgoedwasser, stoof en 'n mikrogolfoond. Ander geriewe sluit klank- en sigtoestelle asook 'n privaat versameling moderne boeke en CD's wat gaste gerus kan gebruik. Die groot balkon het buitemeubels en 'n Weber-gasbraai. Parkeerplek is beskikbaar op die perseel. WiFi is beskikbaar.
Hierdie moderne selfsorgwoonstel bied 'n ongelooflike uitsig oor die baai in Hermanus se rigting. Dit is een van die beste walviskykplekke ter wêreld. Die walvisse is dikwels nie meer as 20 m van die kus af nie en kan van die woonstel se privaat balkon af gesien word.
De Kelder is naby Gansbaai en is 'n gewilde naweek- en vakansiebestemming aan die Wes-Kaap se Suidkus. Kaapstad is net 2 uur se ry ver. Die woonstel is ook naby die Kleinbaai-haaikyk en -haaihokduik-geriewe.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Maryna Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 5
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Cliffstraat 95, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Whale Cove A104 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in De Kelders Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cliffstraat 95, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang