Whaleback Selfsorg Myl 4
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Jan 2025 tot 30 Nov 2025.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Crayfish-singel 10, Swakopmund, 0000, Erongo
-
Vanaf
R2 130R1 917 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Whaleback Selfsorg Myl 4 is 'n dubbelverdieping-eenheid vir 4 gaste in Swakopmund.
Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte bed. Die kamer bied ook 'n see-uitsig en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer is op die onderste verdieping en het 2 enkelbeddens. Dié kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Elke kamer het 'n kluis, waaier, warmwaterbottel, linne en badhanddoeke. Bring asb. jou eie strandhanddoeke saam. Daar is ook 2 opvoumatrasse vir kinders teen ekstra koste.
Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas, skottelgoedwasser en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n vrieskas en wasmasjien. Die oopplan-leefarea het 'n TV met DStv, braai-area en WiFi. Daar is egter nie WiFi in die kamers nie.
Daar is veilige parkeerplek in 'n tandem-motorhuis, asook voor die motorhuis vir 'n derde voertuig. Die huis het 'n alarm met gewapende reaksie. Die huis word 1 keer per week skoongemaak, maar 'n daaglikse skoonmaakdiens is op versoek teen ekstra koste beskikbaar. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.
Whaleback Selfsorg Myl 4 is stapafstand vanaf die strand en 2 hotelle wat spabehandelings bied.
Swakopmund bied verskeie doendinge, soos duinry, valskermspring, perdry, kameelry, museums, galerye en restaurante.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Sonne Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 16
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Crayfish-singel 10, Swakopmund, 0000, Erongo
- Gaste dink Whaleback Selfsorg Myl 4 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Vogelstrand Swakopmund Erongo Namibië
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Crayfish-singel 10, Swakopmund, 0000, Erongo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang