Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Whalesong Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders onder 8
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 83 Cliff Straat, , Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 390 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Whalesong Lodge, 'n klein intieme gastehuis wat bo-op die ruwe De Kelders-kranse geleë is, kyk uit oor die skilderagtige Walkerbaai met die kuslyn wat strek vanaf die wit sandduine van “Die Plaat” verby Hermanus, tot by Kaappunt.

Die 5 ruim oopplan-kamers is deftig dog stylvol versier, elk met see-uitsig en 'n klein privaat balkon om die vars seelug in te neem. Die en suite-badkamers, met ondervloerse verhitting, aparte bad en stort, is elegant en funksioneel.

Die groot gemaklike oopplan-sitkamer en -eetkamer lei uit na 'n houtdek, ideaal om die walvisse te kyk wat net meters van die kus af speel. Vir die koeler maande is daar 'n knus kaggel en 'n goeie keuse van Suid-Afrikaanse Rooiwyne. Die houtdek lei na 'n klein swembad, maar as 'n mens verkies om in die see te swem is daar 'n aantal klein inhamme binne maklike stapafstand.

Ontbyt word liefdevol voorberei en bedien in 'n informele omgewing en met 'n asemrowende uitsig oor Walkerbaai. Met Gansbaai se vissershawe slegs enkele minute weg, is daar 'n oorgenoeg voorraad vars seekos. Ons het voorheen 'n klein hotel in die Kaapse Wynlande besit, so ons het die beste wyne van die omgewing geproe en versamel om deur ons gaste te geniet.

De Kelders is in die Overberg-streek aan die Kaapse Suidwes-kus geleë, net 2 ure vanaf Kaapstad verby die bekoorlike dorpie Stanford net voor die vissersdorpie Gansbaai wat wêreldbekend is vir sy Groot Wit Haaie. De Kelders Is noordwaarts en een van die min plekke aan die Kaapse Suidweskus waar jy die son oor die see kan sien sak terwyl jy skemerkelkies geniet. Wanneer jy op die dek sit, word jy deur die huis beskut teen die heersende somer-buitelandwind. Daar is geen plek in Suid-Afrika waar jy die walvisse van die oewer af kan kyk soos van die De Kelders-kranse nie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Persoonlike Kluis
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Stanley Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • 83 Cliff Straat, , Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Whalesong Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 390
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R3 390
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Geen kinders onder 8
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 83 Cliff Straat, , Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5jKX9JDVETvIiFqmUvmARs4trIYiBMWmo0jbKEKvneW0zmMj8V?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 390 per nag, vir 2 mense 2 5 1 5 83 Cliff Street De Kelders 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 11:00 -34.554532940774 19.365736842155

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang