Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wharthog Corner Leeupoort

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dwarfgreen 66, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
  • Vanaf R2 000 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Wharthog Corner Leeupoort is in Dwarfgreen in die bekende Leeupoort Vakansiedorp geleë. Die verblyf is ideaal geleë vir 'n gesin vol natuurliefhebbers of reisigers wat op soek is na avontuur, en is sowat 58 km van Thabazimbi en 72 km van Bela-Bela af.

Hierdie dubbelverdieping-bosveldhuis beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan tot 8 gaste. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en is ingerig met lugversorging, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die TV-kamer het 'n dubbel-uittrekslaapbank. Die ander 2 slaapkamers op die grondvloer het elkeen 'n dubbelbed, en deel die gebruik van die tweede badkamer.

Die oopplan-kombuis is toegerus met al die nodige geriewe vir 'n sorgelose selfsorg-wegbreek in die bosveld. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met volledige DStv.

Die stoep kyk uit oor die bosveld waar wilde diere rondloop en asemrowende sonsondergange die landskap tooi.

Die huis bied ook braaigeriewe, 'n boma en 'n Jacuzzi.

Daar is verskeie staproetes op die perseel wat tussen die verskillende inheemse boomsoorte deurkronkel. Kameelperde, wildebeeste, verskeie bokspesies en ander wild is ook in die park te sien.

Daar is 'n algemene handelaar by die sekuriteitshek, asook 'n drankwinkel, 'n swembad en 'n restaurant. Die gemeenskapsaal, 'n speelparkie vir die jongspan, 'n biblioteek en 'n huisdokter is op die dorp te vinde.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelslaapbank
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 67 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Dalene D
Gesin met tieners
5.0
Wenner wegbreek! Ongelooflik lekker gebly. Die diere was 'n spesiale ondervinding. Alles was netjies en skoon. Ek sal dit beslis aanbeveel en self wee...
Sien meer
Jul 2024
Liza V
5.0
Die nabye interaksie met die diere was ongelooflik! Sal beslis weer kom kuier. Ons het baie lekker gebly. Die huis is lieflik en goed ingerig.
Jun 2024
Wilma N
5.0
Rustig. Leersaam. Ontspannend. Dit was 'n heerlike naweek gewees. Die huis was skoon. Lugversorgers was 'n pluspunt. Die vlakvarke met hulle baie kind...
Sien meer
Mrt 2024
Truia L
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het die stilte in die bos verskriklik geniet, pragtige plek! Wat 'n fantastiese plek. Kan enige tyd aanbeveel. Plek is netjies, skoon en baie goed...
Sien meer
Nov 2023
Yolandi B
Saam met vriende
5.0
Rustig. Baie mooi en rustige plekkie. Die interaksie met die diere is wow! Die huis is goed toegerus met alles wat jy nodig het. Ons het so lekker gek...
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Sharon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 67

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Dwarfgreen 66, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
  • Gaste dink Wharthog Corner Leeupoort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dwarfgreen 66, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA238d1fb70ec9a5b7c3fb68e3748fae7a8b217479e724c4a5043c7e369eb07fab579b1e024979b78941dc63b0aaf11aff5eaa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag, vir 8 mense 67 5 1 5 66 Dwarfgreen Leeupoort Vakansiedorp 0486 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.914444 27.635972

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang