Wheatfields Guest House
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Railway-straat 20, Moorreesburg, 7310, Wes-Kaap
- Vanaf R700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Wheatfields Guest House is 'n lieflike, opgeknapte Victoriaanse huis wat in die laat 1800's gebou is en in die hartjie van Moorreesburg geleë is. Dié gastehuis is 'n 40 minuut-rit vanaf die Weskus se strande en bied rustige verblyf met maklike toegang tot nabygeleë dorpies.
Gaste kan tussen B&B- en selfsorgverblyf kies. Elke gastekamer het 'n dubbelbed of 'n enkelbed, 'n en suite-badkamer en koffie- en teemaakgeriewe. Die perseel sluit ook 4 selfsorgkothuise in wat elk 'n dubbel- en enkelbed, 'n en suite-badkamer, 'n knus leefarea en 'n kombuis het wat met noodsaaklike selfsorggeriewe toegerus is.
Die hoofhuis het 'n gemeenskaplike kombuis en 'n braai-area. Ontbyt is teen 'n ekstra fooi beskikbaar en word in die hoofeetarea bedien. Daar is ook 'n gemeenskaplike leefarea. Die gastehuis word deur 'n ruim stoep omring en het 'n uitsig oor 'n welige Engelse tuin.
Wheatfields Guest House is ideaal vir enigiemand wat op soek is na 'n ontspanne verblyf te midde van historiese sjarme met nabygeleë besienswaardighede.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.7/5
Tony Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Railway-straat 20, Moorreesburg, 7310, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Railway-straat 20, Moorreesburg, 7310, Wes-Kaap