Whiskey Creek
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Stand W06, Walkersons Country Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Vanaf R8 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Whiskey Creek is 'n pragtige selfsorgvakansievilla met asemrowende uitsigte op die berge en oor damme. Dit is in die hartjie van die Walkersons Country Estate in Dullstroom geleë en is die perfekte opsie vir 'n rustige wegbreek met binne- en buite-vermaakareas.
Dié villa bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 5 badkamers. Die eerste 2 slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort en daar is 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort in die vyfde slaapkamer. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die ruim oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, wynyskas, eetgerei, breekware en 'n sentrale eiland met stoele toegerus is. Dit lei na 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek. Langs hierdie eetarea is 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel, gasverwarmer en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is oral in die huis beskikbaar.
Verder is daar 'n solderarea met 2 lessenaars. Die stapeldeure lei na 'n binnenshuise onthaalarea met 'n etenstafel, 'n knus sitarea met 'n kaggel en 'n kroeg met 'n ysmasjien en yskassie. Dié area het ook 'n ingeboude braai en 'n pizza-oond. Buite is 'n sonnige stoep met gemaklike meubels en 'n lowergroen tuin.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Wilmari Geverifieer
Eiendomme 26
Resensies 438
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Stand W06, Walkersons Country Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Dullstroom Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Stand W06, Walkersons Country Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang