White House
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kareestraat 66, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
- Vanaf R6 000 per nag (plek vir 9)
Beskrywing
White House is 'n pragtig gerestoureerde Victoriaanse huis wat in 1904 gebou is en in die plaasdorpie Koringberg in die hartjie van die skilderagtige Swartlandstreek, net 117 km vanaf Kaapstad, geleë is. Dit is 'n ideale opsie vir gaste wat uit die stadsgedruis wil ontsnap.
Die selfsorghuis bied slaapplek aan 9 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, bababedjie en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n stort. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die ruim kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, etenstafel met stoele, 'n los slagtersblok en 'n ekstra yskassie vir drinkgoed. Die knus sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die voorstoep spog met 'n pragtige uitsig en genoeg sitplek en 'n draagbare braai is beskikbaar indien gaste buite wil braai. Die groot, ruim inheemse tuin spog met 'n groot swembad en sonstoele en bankies waar gaste kan sonbaai. Daar is ook 'n buite-sitarea onder 'n prieel met 'n pizza-oond, braai-area en 'n boules-baan.
Parkeerplek is op die perseel beskikbaar en Koringberg kan maklik te voet verken word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbedjie
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Cate Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Kareestraat 66, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
- Gaste dink White House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Koringberg Swartland Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 9 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kareestraat 66, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang