Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

White Linen Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tau-straat, Tierpoort, Pretoria, 0056, Gauteng
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

White Linen Guesthouse is in die rustige Tierpoort-woonbuurt aan die uithoeke van Pretoria geleë en dis net 'n entjie se ry vanaf verskeie trou-venues.

Dié gastehuis het 3 dubbelkamers, 'n aparte ateljee-eenheid en 'n gesinseenheid. Die dubbelkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad en 'n stort. Die aparte ateljee-eenheid het 'n dubbelbed en 'n oopplan-badkamer met 'n stort. Die gesinseenheid het 2 slaapkamers wat elkeen 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens het. Die gemeenskaplike badkamer het 'n bad.

White Linen Guesthouse spog met 'n verhitte swembad en 'n Jacuzzi. 'n Braai-area, gratis WiFi, 'n gastekamer en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Nabygeleë besienswaardighede sluit die Irene Village Mall, Rietvlei Natuurreservaat, Nasionale Botaniese Tuine, gholfbane, museums en winkelsentrums in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Arno V
Saam met lewensmaat
5.0
Sal vir seker weer daar boek in die toekoms. Dit was baie lekker gewees en die ontbyt was ongelooflik lekker.
Jan 2025
Susan D
Saam met lewensmaat
5.0
Oornagverblyf. Die beddegoed en kamer was skoon, die bed was gemaklik en die ontbyt was heerlik!
Jan 2025
Trudie D
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies. Vreeslik netjies en gasvry!
Des 2024
Eileen B
5.0
Enkele aand oorslaap na 'n troue. Ons het heerlik gebly, dankie. Die ontbyt was heerlik en die gastehuis is lieflik. Ons het na 'n troue in die omgewi...
Sien meer
Des 2024
Adelene D
5.0
Vriendelike mense, voorbereiding en opdiening van ete uitstekend. Vyfster gehalte, baie lekker geslaap, skoon, vriendelik en netjies.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Tau-straat, Tierpoort, Pretoria, 0056, Gauteng
  • Gaste dink White Linen Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tau-straat, Tierpoort, Pretoria, 0056, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0d703784a3d11706e769edbd24c377592d493424a1be91232d59645c44bc8eae769c095fff64a80afcf4177fa43790707a0e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 38 5 1 5 378 Tau Street Tierpoort 0056 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.883359105628 28.387143910407

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang