White Sands Beach Villa
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lutie Katz-weg 128, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Vanaf R14 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
White Sands Beach Villa is ’n klassieke vakansie-houthuis vir 10 gaste wat op die sand in Pearl Bay, Yzerfontein geleë is.
Hierdie multi-verdiepingvilla se afwerkings is van hoogstaande gehalte en baie modern. Die huis beskik oor 5 slaapkamers, 4 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea wat lei na 'n sonnige houtdek wat die eenheid omring.
Die ruim en luukse hoofslaapkamer is by die trap op en het 'n privaat sitkamer met 'n TV en 'n dek wat 'n uitsig oor die see bied. Dié kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n oopplan-badkamer met 'n bad, stort en aparte toilet. Die tweede slaapkamer is ook by die trap op met 'n aparte ingang en 'n see-uitsig. Dié kamer het ook 'n koninggrootte-bed en 'n privaat badkamer met 'n stort, bad en toilet.
Die derde slaapkamer is onder en het ’n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n see-uitsig. Die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Gaste in die vierde en vyfde slaapkamer deel 'n badkamer met 'n bad en stort. Gehaltelinne word vir al die beddens voorsien.
Die ontwerperskombuis is met 'n stoof, oond, yskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook tee- en koffiemaakgeriewe en gaste kan hul maaltye by die toonbank geniet of rondom die etenstafel met sitplek vir 10. Die sonnige sitkamer het 'n TV en lei na 'n dek met 'n uitsig oor die strand, see en omliggende area.
Gaste word verwelkom deur die inwonende huisbestuurder, Tinashe, en sy assistent, Tapiwe, en hulle maak seker dat gaste hul verblyf geniet. Hulle voorsien inligting oor die area en beveel aktiwiteite aan. Die villa word ook daagliks deur hulle skoongemaak en wasgoed kan op versoek gewas word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Portier
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Konferensiegeriewe
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Denise Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 11
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Lutie Katz-weg 128, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Gaste dink White Sands Beach Villa het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Yzerfontein Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lutie Katz-weg 128, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang