Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

White Shark Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hillstraat 11, Kleinbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R550 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

White Shark Lodge is teen die see in Kleinbaai, sowat 3 km buite Gansbaai geleë. Daar is 6 kamers in die huis ? 3 met dubbelbeddens en 3 met 2 enkelbeddens. Die kombuis is ten volle toegerus en daar is 'n buite- en binnebraai, groot vermaakarea, pooltafel, DStv en gratis WiFi. En die kersie op die koek is dat daar ook veilige parkeerplek op die perseel is.

Die gastehuis is loopafstand van die Kleinbaai Hawe af waar die bote wat uitgaan vir haaihokduik en walviskyk lanseer. Ons bied ook spesiale tariewe vir haaihokduik en walviskyk uitstappies. Gaste kan van die naat van hulle rûe ontspan terwyl hulle die hawe dophou. Daar is lekker staproetes in die omgewing en gaste kan al langs die kus na die Strandveldmuseum loop. In die teenoorgestelde rigting kan gaste na die Birkenhead vuurtoring loop. Verder kan gaste perdry en vierwielmotorfietsry.

Ons kan linne, handdoeke en koffie en tee verskaf. Kom kuier gerus, nader aan die see sal jy nie kom nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Vlaams

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.3
Veiligheid
4.4
Wat gaste dink
Jurie M
Saam met vriende
5.0
Baie goeie waarde vir geld, uitstekende uitsig. Sien sterre.
Nov 2023
Ilse-marie S
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gewees, dankie! Heerlik gewees, dankie!
Nov 2023
Donovan J
5.0
Awesome stay, value for money, great service. It was amazing dealing with Helanie, from the word go, she met me at the correct time, ev...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2023
Helmien V
Saam met vriende
5.0
Pragtige uitsig, heerlike ligging. Die huis is vol verrassende hoekies en draaitjies met 'n heerlike buitebraai. Alles wat jy nodig het is daar.
Mrt 2023
Thurston F
Saam met vriende
4.6
Fantasties! Ons het lekker gebly, sal dit definitief aanbeveel aan ander.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Hilane Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Hillstraat 11, Kleinbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink White Shark Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R550
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R550
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hillstraat 11, Kleinbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY0YWIxZTNhLWVhNTctNDY1ZC1hMjUxLWI3YTkxMDgyZTg2Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R550 per nag, vir 2 mense 35 5 1 5 4 Hill Street Kleinbaai 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.61418201452 19.358767487838

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang