Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wildeman Stories Wildsplaas

Wildsplaas

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Ongelooflik

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Chrislie P
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Aug 2024

Pragtige omgewing, rustigheid, gasvryheid. Ons het 'n heerlike tyd gehad! Dit was ons derde besoek aan Wildeman Stories en nie ons laaste nie. Die akkommodasie bied alles wat 'n mens nodig het. Ons kon heerlik ontspan saam met ons kinders met die wete dat hulle nie ander mense pla nie (dit is heeltemal privaat). Die plaas is pragtig met vele diere om te sien. Ons kon werklik afsit van die besige lewe in die stad en rustig raak. Sien uit na ons volgende besoek!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Daleen
Wildeman Stories Wildsplaas
Chrislie, baie dankie vir jul resensie. Dit is altyd vir ons 'n riem onder die hart wanneer gaste terugkeer. Ons sien uit na jul volgende kuier.

Stephanie D
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Apr 2024

Lekkerder kuier kry mens nie sommer elders nie. Puik! Ons het 'n ongelooflike lekker naweek by Wildeman Stories Wildsplaas gehad. Die ligging is goed, 'n kort rit van Pretoria af. Die gashere is uitstekend en het ons behoorlik bederf. Die omgewing is pragtig en die rustigheid van die bosveld was moeilik om te verlaat. Ons kan nie wag om weer te gaan nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Annalie B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

'n Heerlike, gerieflike ruskans, weg van die stad se geraas. Die kuier by Wildeman Stories was wonderlik! In die chalets het niks kortgekom nie, daar was alles wat ons nodig gehad het, en meer. Die buitegeriewe is netjies en elke dag is daar skoongemaak. Daleen en Louwrens het geen moeite ontsien om ons verblyf gemaklik te maak en aan ons behoeftes te voldoen. Ons sal definitief terugkom om te gaan rus by Wildeman Stories Wildsplaas.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Daleen
Wildeman Stories Wildsplaas
Annalie, baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Hoop julle kom weer in die bosveld kuier.

Tinus B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2023

Perfekte wegbreek. Daleen en Lourens het soveel moeite gedoen vir ons. Dit is 'n pragtige plaas met baie wild en natuurskoon. Ons sal beslis weer gaan kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Daleen
Wildeman Stories Wildsplaas
Tinus en Suzette Dit was ‘n groot voorreg, en ons sien uit na jul volgende besoek.

Chris K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

Stilte en rus. Heerlike wegbreek. Baie aandag is gegee aan ekstras om dit so gerieflik moontlik te maak, soos byvoorbeeld, piekniekmandjies, sambrele, biltongkerwer. Elke dag word die vuur gepak, reg vir aansteek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Daleen
Wildeman Stories Wildsplaas
Chris, baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Hoop om jul gou weer te sien.

David G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2023

Baie netjies, goed toegerus en wonderlike natuurervaring! 'n Baie mooi plaas, baie wild, unieke verblyf, goed toegerus met spasie, karakter en alles wat mens wil hê en nodig het vir 'n onvergeetlike bosveld-ervaring!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jancarel N
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jan 2023

Beste bos vakansie ooit! Wat 'n wonderlike plek. Was werklik 'n wonderlike week gewees al was die weer bietjie goor vir 'n paar dae. Die wildritte was die hootgepunt van elke dag gewees. Die plaas is groot en prentjie mooi. Die wild is volop. Baie dankie vir 'n wonderlike week julle vriendelikheid, extra diens asook extras wat nie genoem was nie het dit 'n top tien vakansie gemaak. Ons kom weer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Daleen
Wildeman Stories Wildsplaas
Jancarel baie dankie vir jou terugvoering. Ons sien uit na jou volgende kuier. Ons waardeer jou resensie.

Johan R
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jul 2022

An amazing experience. The farm and its facilities is out of this world. Beautiful, diverse landscape with animals in abundance and flora that is magnificent. The accommodation is perfect, clean with all the the extras that you need, fully equipped kitchen with ice machine. The braai facility is fully equipped with fire wood. The facility has a swimming pool and is fully secure. Security is of the highest standard. The absolute highlight of the visit was to meet our host and hostess, Louwrens and Daleen. Not only create they a personal bond with you, but they take you on a game drive in the afternoon. What an experience. If ever you want to relax in the bushveld and be spoiled, visit Wildeman Stories Wildsplaas.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Penelope V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2022

Rustig en in pragtige omgewing. Die blyplek is pragtig en baie netjies. Goed toegerus. Alles wat jy nodig het. Linne en handdoeke van goeie kwaliteit. Bedagsaamheid het handewasseep in die badkamers. Hout vir braai voorsien. Daleen is baie vriendelik en behulpsaam. Met wildsrit het sy en Louwrens hulle stukkie van die paradys met ons gedeel. Een van die beste blyplekke wat ons nog gebruik het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Bertus R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2022

Absoluut puik. Wildeman Stories Wildsplaas is 'n juweel van 'n plek. Absoluut rustig en still, bied die ideale atmosfeer om te ontspan en die natuurskoon te waardeer. Die geriewe is netjies en skoon en daar was meer as wat ons nodig gehad het. Die gasvryheid was iets wat ek nog nie beleef het nie, absoluut briljant. Baie dankie Wildeman Stories Wildsplaas. Ek sal verseker weer daarso inloer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Daleen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R12 000
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R12 000
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die R33, Wildeman Plaas, Vaalwater, 0530, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe4f76c7e241467ee0d6a6e4b9ecbdd1da27f827e0965965ad65134a93fd4882f4ed2766b6c09f7896a5a720d408160897b75?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R12 000 per nag, vir 8 mense 16 5 1 5 Off the R33 Wildeman Farm 0530 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -24.136054457788 27.924724614355

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang