Wilderness Metanoia
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Silwerrivierstraat, Wilderness Heights, 6560, Wes-Kaap
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Wilderness Metanoia is 'n 16 hektaar-landgoed waar jy vrede vir jou siel sal kry. Dis 'n stil en rustige plek waar die Outeniekwaberge die agtergrond vir jou ontspanning sal vorm. Die omliggende, inheemse woude is die tuiste van omtrent 200 voëlspesies en wild soos ape, bobbejane, bosbokke, ystervarke, bosvarke en elke nou en dan 'n rooikat, luiperd of otter.
Geriewe op die perseel sluit selfsorg-chalets, woonstelle, swembad, tennisbaan, boomtoppaadjies met ongelloflike uitsigte oor die inheemse woud en 'n voetslaanpad tot by Silwerrivier.
Ons privaat staproete kronkel deur die inheemse woud en al langs die Silwerrivier. Op dié roete het jy die geleentheid om voëllewe soos die Knysnaloerie, een van die 5 visvanger-spesies, die Rooibekkakelaar, die Knysnaspeg, die Paradysvlieëvanger, of die Kleinrooibandsuikerbekkie te sien. Gaste kan ook lekker gaan afkoel in die rivier se natuurlike poele. Geriewe op die perseel sluit in 'n swembad, tennisbaan en 'n privaat staproete wat al langs die oewer van die Silwerrivier kronkel.
Wilderness is 15 km oos van George tussen die Kaaimansrivier in die weste en die Goukamma Natuurreservaat in die ooste. In die noorde lê die Outeniekwaberge en in die suide die Indiese Oseaan. Wilderness kyk nie net oor die see uit nie, maar ook die strandmeer waar die Touwsrivier in die see uitmond. Die strandmeer se naam is Serpentine en dit lê tussen die Touwsrivier, Island Lake en Rondevlei.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Gerrit Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 40
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Silwerrivierstraat, Wilderness Heights, 6560, Wes-Kaap
- Gaste dink Wilderness Metanoia het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Silwerrivierstraat, Wilderness Heights, 6560, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang