Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Willibar Guest Farm

  • Kapasiteit: 76 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Plot 101 De Rust, Skeerpoort, Hartbeespoortdam, 0232, Noordwes
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Willibar Guest Farm kyk uit oor die Magaliesberge en is in die Hartbeespoortdam-omgewing geleë. Ons bied gerieflike verblyf wat ideaal is vir diegene op soek na 'n naweekwegbreek of 'n kort vakansie in die rustige platteland met lieflike uitsigte. Willibar Guest Farm streef daarna om gasvrye en vriendelike diens in ’n ontspanne bosveld-atmosfeer te bied.

Verblyf word aangebied in of 'n plaasstyl-kothuis, 'n vakansiewoonstel, kampterrein-verblyf of rugsakreisigerkamers. Die gerieflike selfsorgkothuis het 3 slaapkamers en slaapplek vir 2 tot 6 gaste. Die selfsorg-vakansiewoonstel het slaapplek vir 2 gaste. Gaste wat in die kothuis en vakansiewoonstel tuisgaan het toegang tot onderdakparkeerplek en braaigeriewe. Linne, handdoeke, 'n yskas, mikrogolf, stoof en 'n gasstoof vur wanner beurtkrag plaasvind word voorsien.

Die kampeerplek het 12 rondawels en is geskik vir groot groepe en spanbou-geleenthede. Die kampeerterrein kan minimum 30 en maksimum 60 kampeerders op stapelbeddens akkommodeer. Die staanplekke is slegs geskik vir groepbesprekings. Gaste wat in die kampeerterrein tuisgaan het toegang tot ablusiegeriewe met storte en toilet, ’n gemeenskaplike kombuis, eetarea, vergaderingsaal, 'n braai-area en 'n lapa. Daar is 2 speelvelde, 'n vlugbalbaan en 'n swembad. Gaste moet hul eie beddegoed, handdoeke en toiletware saambring, asook eie eetgerei en breekware. Die kombuis het potte, panne, kookgerei, yskas en vrieskas.

Die rugsakreisigerverblyf bestaan uit 2 skakelkamers met 4 enkelbeddens in elke kamer. Gaste wat hier tuisgaan het toegang tot 'n eie toilet, stort en kombuisie. Daar is nie kookgerei nie, slegs braaigeriewe. Rugsakreisiger-gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad en 'n braaiplek. Gaste moet hul eie beddegoed, handdoeke en toiletware saambring. Daar is 'n inkopsiesentrum 6 km ver waar gaste kookkos, Debonairs, KFC of Fishaways kan koop. Daar is ook 'n Wimpy 3 km ver.

Die nabye Hartbeespoortdam bied oorgenoeg geleenthede vir watersport, bootvaarte en visvang. Daar is baie restaurante in die omgewing asook die Hartbeespoortdam Slang- en Dierpark, Nagapie- en Apie-bewarea, die Olifant-bewarea, Ann van Dyk Jagluiperdsentrum, boogskiet, kunsgalerye, kwekerye, skubaduik en helikoptervlugte. SPAR is 6 km ver.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 63 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Myrtle M
Saam met vriende
5.0
Peaceful, beautiful. Cottage immaculate. We stayed at the Country Cottage. It was immaculate. Surroundings peaceful, food for your soul...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Dennis B
5.0
Very pleasant. Very pleasant. Nice view. Friendly service.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Karlien C
Saam met lewensmaat
5.0
Die verblyf was outentiek en rustig, met die mooiste uitsig oor die vallei. Ons het lekker gebly.
Mrt 2024
Debra-ann V
5.0
Waarde vir geld. Die eenheid is ruim en alles wat mens nodig het is daar. Dalk net 'n groter yskas met 'n vrieskompartement sal welkom wees. Baie mooi...
Sien meer
Okt 2023
Teann P
Saam met lewensmaat
5.0
Great location and hosts. The room is very spacious and the view is spectacular! Pet was a caring and kind host and made us feel immedi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Petronella Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 63

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Plot 101 De Rust, Skeerpoort, Hartbeespoortdam, 0232, Noordwes
  • Gaste dink Willibar Guest Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 76 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Plot 101 De Rust, Skeerpoort, Hartbeespoortdam, 0232, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQwZGRjYmIxLWJhMDktNDQzOS05OTMxLTgwN2I3NzZkNGJkNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 63 5 1 5 Plot 101 De Rust, Skeerpoort Hartbeespoort Dam 0232 Noordwes 021 201 8901 15:00-18:00 11:00 -25.802486741674 27.803998273479

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang