Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Willow Manor Akkommodasie

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Groenland Plaas 267, Langs die R712, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 960 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Willow Manor Akkommodasie bied 'n uitsig oor die Rooiberge en bied gerieflik gemeubileerde kamers en is 14 km vanaf Clarens.

Gaste het 'n keuse van 5 kamers, en elkeen van die kamers kan tot 2 mense akkommodeer. Drie van die kamers het ekstra-lengte koninggrootte-beddens, terwyl die ander 2 kamers elk 2 enkelbeddens het. Elkeen van die kamers het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die kamers het elkeen 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, asook vars vrugte. 'n TV met beperkte satellietkanale, sowel as 'n kaggel, is in kamers beskikbaar. Elkeen van die kamers loop uit op 'n stoep wat toegerus is met braaigeriewe. Neem asseblief kennis dat rook nie in die kamers toegelaat word nie.

Ontbyt is by die tarief ingesluit en word by die Sugar and Cinnamon Restaurant op die perseel bedien. Neem asseblief kennis dat die restaurant se kombuis om 16:00 sluit. Veilige parkeerplek word voorsien. Kinders kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Willow Manor Akkommodasie is 2 km vanaf Golden Gate Highlands Nasionale Park se hek, en verskeie doendinge kan in die area geniet word, soos perdry, voetslaan, vlotvaart, gholfspeel en meer.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Tee

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Willie S
Saam met lewensmaat
5.0
Die beste rusplakkie ooit. Willow Manor is amazing. Hulle het aan alles gedink, van water vir elke persoon tot melk wat daagliks opgetop word. Die kam...
Sien meer
Aug 2024
Roelf K
Saam met lewensmaat
5.0
Stunning. Ons het ons tyd by Willow Manor vreeslik geniet - als was reg, skoon en netjies, perfek vir ons twee. 'n Baie mooi plekkie - die kaggel het ...
Sien meer
Jun 2024
Potego N
Saam met vriende
5.0
It was awesomely beautiful and I can't do it all over again. Warm, beautiful, rain made the sleep worth it. The place is clean, fresh a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023
Chris T
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker, wonderlik, great! Baie lekker plek wat rustig is met baie mooi uitsigte oor die berge. Definitief 'n terugkeerplek vir ons. Naby aan die dorp ...
Sien meer
Des 2023
Themba M
Saam met lewensmaat
5.0
Very good experience. I'm very much content. Definitely revisiting. Any family accommodations in Willow Manor?
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Retief Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Groenland Plaas 267, Langs die R712, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Willow Manor Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 960
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 960
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Groenland Plaas 267, Langs die R712, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0qEiORjEj5kPzRCb9ZODuyV4DW2sJntIfydL6dSwQgBd5REaq1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 960 per nag, vir 2 mense 21 5 1 5 Farm Groenland 267 Off the R712 9707 Vrystaat 021 201 8901 15:00-17:00 10:00 -28.506072007249 28.554832948777

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang