Willow Place Guest House
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 13
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: King Willow-singel 11, Randjesfontein, Midrand, 1685, Gauteng
- Vanaf R960 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Willow Place Guest House is 'n goed gevestigde gastehuis wat al bekendheid verwerf het vir sy uitstekende diens. Dit maak al sedert dit gestig is in 2000 voorsiening vir plaaslike en internasionale toeriste en sakereisigers. Ons is halfpad tussen Johannesburg en Pretoria en bied gerieflike toegang tot die N1.
Elkeen van ons kamers het 'n en suite-badkamer met 'n bad, handstort, wasbak en toilet. Handdoeke en algemene gastegeriewe word voorsien. Geriewe in die kamer sluit 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in. Elke kamer het ook 'n privaat ingang en 'n uitsig oor die meer.
Ontbyt word bedien in ons sitkamer en jy kan ook hier ontspan met 'n boek of 'n bietjie werk afhandel. Onderdakparkeerplek is op die perseel beskikbaar met afstandbeheertoegang. Ons gaste is welkom om gebruik te maak van die braaiplek en die swembad.
Die Gautrain se Midrand-stasie is sowat 6 km van Willow Place af en besoekers kan gerus die trein hier vang na al die vernaamste bestemmings, soos Park Stasie, O.R. Tambo Internasionale Lughawe, Sandton, Rosebank, Centurion en Hatfield. Mediclinic Midstream is 10 - 15 minute se ry weg.
Of jy nou op pad is na Sun City, Pilanesberg, die Krugerwildtuin of sake het om te doen in Gauteng, ons sal seker maak jou verblyf by Willow Place Guest House is onvergeetlik!
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
paul Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- King Willow-singel 11, Randjesfontein, Midrand, 1685, Gauteng
- Gaste dink Willow Place Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Midrand Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 13
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: King Willow-singel 11, Randjesfontein, Midrand, 1685, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang