Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Willow's Rest

Gastehuis
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Molenstraat 11, Trompsburg, 9913, Vrystaat
  • Vanaf R800 R720 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Willow's Rest is 'n bekoorlike gastehuis in die dorpie Trompsburg. Dié plaasdorpie spog met 'n aantal natuur- en landboubesienswaardighede, asook noemenswaardige historiese besienswaardighede om te verken.

Dié gastehuis het slaapplek vir 7 gaste en beskik oor 4 slaapkamers wat elkeen sy eie badkamergeriewe het. Daar is 2 en suite-slaapkamers, elk met 'n koninggrootte-bed, en die ander twee slaapkamers het 'n dubbel- of driekwartbed met 'n aparte badkamer wat oor 'n stort, toilet en 'n addisionele toilet beskik.

Daar is 2 gemeenskaplike sitkamers, die eerste een met 'n kaggel teen die ysige winterkoue in die suide van die Vrystaat. Die huis beskik ook oor 'n gesamentlike eetkamer. Veilige parkeerplek en braaigeriewe is beskikbaar.

Heerlike, tuisgemaakte maaltye kan bedien word indien dit vooraf gereël word. Ontbyt en aandete is albei teen R100 per persoon per maaltyd beskikbaar.

Die huis bied 'n gerieflike wegbreek vir 'n groep mense uit die woelige stadslewe en kan as 'n geheel bespreek word.

Besienswaardighede in die area sluit die Gariepdam, Stone Wall en Boesmansfontein in en gaste kan ry om die besienswaardighede in die omliggende dorpe te verken.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 106 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.3
Wat gaste dink
Goodwill Z
5.0
Awesome. What a perfect and peaceful place to take asylum. I really enjoyed my stay and hope to have more nights to come.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Rithaa D
Saam met vriende
5.0
Lekker. Ons het baie dankie!
Jul 2024
Christel J
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige, vriendelike en netjiese diens en verblyf! Was my 2de keer by Willow's Rest. lewer baie vriendelike diens, die plek is skoon, rustig en netjie...
Sien meer
Jun 2024
Karen R
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie waarde. Die bed was bietjie sag en die aandete kon doen met nog 'n groente of slaai. Bietjie min vir 'n man.
Jan 2024
Erika M
5.0
Skoon, netjies met 'n warm ontvangs. Vir my was dit 'n oornag stop en dit was perfek daarvoor. Sal dit beslis aanbeveel.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Eleanor Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 147

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Molenstraat 11, Trompsburg, 9913, Vrystaat
  • Gaste dink Willow's Rest het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
R800 R720
per nag, vir 2 mense
Vanaf R800
R800 R720
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Molenstraat 11, Trompsburg, 9913, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb8bb257e3e11382515a8f29be5f335256ade898146d18ebb65e0aae1ae2b0127795534e2400b04b24ee440fca09d3ca409b0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R800 nouVanaf R720 per nag, vir 2 mense 106 5 1 5 11 Molen Street Trompsburg 9913 Vrystaat 021 201 8901 11:00-20:00 10:00 -30.035331 25.775927

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang