Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Windhoek Farm Campsites

Kampeer/karavaan
Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 210 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Windhoekplaas, Riversdal, 6680, Wes-Kaap
  • Vanaf R240 R204 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Windhoek Farm Campsites is aan die voet van die Langeberge, 23 km vanaf die dorp Riversdal tussen Swellendam en Mosselbaai op die N2 Tuinroete, geleë. Dit is ook net 58 km vanaf Stilbaai.

Gaste kan tussen die Damkamp en die Boskamp kies. Die Damkamp kan 20 gaste akkommodeer en het 20 staanplekke beskikbaar. Hierdie kampeerplek is by die dam en naby The Barn geleë. Dit is maklik bereikbaar vir karavane. Die ablusiegeriewe en opwasarea is naby en het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die Boskamp kan 10 gaste akkommodeer. Die pragtige kampplek is langs 'n rivier met natuurlike swembaddens vir swem en staproetes om te verken. Die kampplek is slegs bereikbaar met 'n 4x4 en het geen selefoonsein nie. Die ablusiegeriewe het storte, toilette en wasbakke en maak van 'n houtvuurdonkie gebruik.

Boonop het die kampeerplekke geen elektrisiteit nie. Die kano's en 'n paar vlotte is beskikbaar vir gebruik, maar gaste is welkom om hul eie saam te bring en tyd in die son te geniet. Vuurmaakhout word op die perseel voorsien. Gedurende die wintermaande is die berge en omliggende gebied prentjiemooi weens die reënboogblommekleure. Daar is ook addisionele eenhede op die perseel.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Heidi Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 35

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Windhoekplaas, Riversdal, 6680, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tuinroete Wes-Kaap
Vanaf R240
R 240 R 204
per nag, vir 2 mense
Vanaf R240
R 240 R 204
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 210 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Windhoekplaas, Riversdal, 6680, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4a8ac66f319673c58b72cffa70de36785be3a4b88f029d3fbae108d6f71f3918045ee72c9f2e64d4f9c3ee1fa52b59e3a8ba?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R240 nouVanaf R204 per nag, vir 2 mense Windhoek Farm Riversdale 6680 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.990936111945 21.193452364418

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang