Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wine Route 44 Guesthouse

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Irene-weg 191, Somerset-Wes, Kaapstad, 7130, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Wine Route 44 Guesthouse is in 'n stil en veilige buurt net 'n paar minute se ry vanaf Suid-Afrika se beste wynlandgoedere, pragtige strande in Kaapstad en kampioenskapgholfbane.

Wine Route 44 Guesthouse word nie geraak deur beurtkrag nie aangesien daar sonpanele en 'n kragopwekker is.

Verblyf is beskikbaar in 7 kamers en selfsorgeenhede.

Die gastehuiskamers is elk geskik vir 2 gaste en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Verder is daar 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n TV met sekere DStv-kanale, Netflix en WiFi in elke kamer. Ontbyt is nie ingesluit nie.

Die selfsorgeenhede is onderskeidelik geskik vir 2 of 4 gaste. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer, 'n eetarea/sitarea met 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi en 'n goed toegeruste kombuis/kombuisie. Hierdie kamers word op 'n selfsorgbasis bespreek.

Geriewe op die perseel sluit ’n swembad, ’n braai-area en WiFi in. Gaste kan ook aktiwiteite in die omgewing geniet, soos voëlkyk, bergfietsry, swem, wynproe, voetslaan en fietsry.

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 110 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Peter Johannes G
Saam met lewensmaat
5.0
Baie ideaal vir romantiese wegbreek aangeleenthede. Die ligging was perfek. Dit was 'n fantasmagoriese wegbreek naweek en het dit baie geniet.
Okt 2024
Desire M
Gesin met klein kinders
5.0
Lieflike plek, pragtige tuin en lekker kamers. Dit was 'n baie lekker plek om te bly.
Okt 2024
Byron W
Saam met lewensmaat
5.0
I will book in future again. Lovely place, quiet and calm feeling of relaxation.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Zietske S
Besigheidsreis
5.0
Was 'n baie lekker plek om by te bly en vriendelike mense. Sien sterre.
Okt 2024
Elize V
5.0
Gemaklik en skoon verblyf. Skoon, veilig en gemaklik verblyf. Vriendelike mense.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Andreas & Viola Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 110

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Irene-weg 191, Somerset-Wes, Kaapstad, 7130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Wine Route 44 Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 17 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Irene-weg 191, Somerset-Wes, Kaapstad, 7130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcce7daada888ce5e01a5b9288e74a3a67ffc62143cd6f115ee9e24d161ff37fc5eb635427583d3a4fbe2449e784e19ea3f40?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 110 5 1 5 191 Irene Avenue Somerset West 7130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.053790556294 18.832890352184

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang