Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wings Self-Catering Apartment

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R319 Erf 359, Suiderstrand, 7287, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Wings Self-catering Apartment is gefokus op eko-vriendelike en volhoubare toerisme, en is in die rustige dorpie Suiderstrand geleë, ’n unieke plekkie by Agulhas Nasionale Park en Atlantiese Oseaan, naby die mees suidelike punt van Afrika. Die woonstel is in 'n area met 'n ryk voëllewe en net naby die see, voetslaanroetes en bergfietsryroetes.

Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n bad en stort, toilet en wasbak. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met ’n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die eetarea het ’n ontbytkroeg met stoele en die sitarea het ’n gemaklike sitstel en platskerm-TV teen die muur met sekere OVHD-kanale. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder en slimkaart saam te bring. Die eiendom het ook 'n sonkragrugsteunstelsel.

Wings se voordeur front oos en dit bied ’n idilliese uitsig waar jy die maan agter die kalkklip-heuwels kan sien opkom. As jy gelukkig is, kan jy ook die geroep van die arend-uil, rooiwangnaguil of selfs die nagreier hoor soos wat hulle hul nes verlaat om kos te gaan kry. Op donker aande is die sterre só helder dat dit lyk asof jy aan die Suiderkruis en Melkweg kan raak.

Die eko-vriendelike volhoubare toerisme-fokus sluit aktiwiteite in soos reënwater opvang, gebruik van gryswater in die tuin, herwinning van plastiek, glas, papier en karton en sonkrag word nou as die primêre elektrisiteitsbron gebruik.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Ricardo A
Saam met lewensmaat
5.0
Will definitely go back. We absolutely enjoyed our stay. Everything to our liking.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2023
Jan S
Saam met lewensmaat
5.0
Weet nie waar om te begin nie. Linda en Klaas, ons gaan elke langnaweek weg na verskillende plekke by die see. The Wings was sover die beste. Vriendel...
Sien meer
Apr 2023
Shelagh M
5.0
Wonderful hospitality from the hosts, comfortable accommodation and a great place for birders. Linda and Klaas were so friendly and put...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2023
Lizel B
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker, rustig en als wat 'n mens nodig het in selfsorgakkommodasie. WiFi met tye nie beskikbaar nie maar dit kan oorgesien word. Ons het heerlik g...
Sien meer
Jan 2023
Shamilah A
Gesin met tieners
4.8
Modern, luxury, very well equipped and comfortable. We found Wings Self-Catering Apartment to be modern, comfortable and very well equi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • R319 Erf 359, Suiderstrand, 7287, Wes-Kaap
  • Gaste dink Wings Self-Catering Apartment het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R319 Erf 359, Suiderstrand, 7287, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAuLiSHdejmV9Q2jHtoFDDKXhaCXLgJPQCsmPQTyMumoK1iDffGN?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4) 28 5 1 5 R319 Erf 359 Suiderstrand 7287 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 11:00 -34.812957548335 19.960301343586

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang